Gedenkboek Navrae Draai in Amerika

Gedenkboek Navrae Draai in Amerika

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is nogal interessant om te sien hoe ontwikkel die gemeenskap hier voor jou op die skerm met die bydraes van gemeenskapsorganisasies oor hul bedrywighede. Dis 'n gesonde en bedrywige gemeenskap wat sy probleme aanspreek deur saam hande te vat om te speel en te werk.

Ongelukkig het almal nog nie terugvoering gegee nie en is daar nog skole en sportklubs se bydraes uitstaande.

Daar is soveel mense wat saamwerk om van die boek 'n  sukses te maak dat dit byna ondenkbaar is dat iemand of 'n instansie nie deel word van die projek nie. Ons het dit nou al soveel maal gesê dat dit byna soos 'n refrein klink:

Die boek is deur die gemeenskap vir die gemeenskap!

En dan is daar weer ander wat ver buite die grense soveel moeite doen om deel van die projek te wees. Sampson Dyer se geskiedenis is afgehandel en daardie hoofstuk is reeds afgesluit, maar dit het my nog steeds gehinder dat daar geen foto van dié man, wat mens byna die stigter van die eerste industrie in ons omgewing kan noem, beskikbaar is nie. Nêrens kon ons een opspoor nie.

Selfs die nasate van Sampson Dyer (hier by ons in volksmond verander na Dyers) kon ons nie help nie.

Op 'n dag lees ek iewers iets raak. In Nantucket, 'n klein eiland dertig myl suid van Cape Cod in die Amerikaanse staat, Massachusetts,  waar Sampson as  harpoenier  gewerk het, is daar 'n foto-museum.  Ons stuur 'n navraag aan die kurator.

Ja, hulle het nou onlangs 'n portret ontdek  wat destyds deur 'n baie bekende Chinese skilder van Sampson gedoen is en ons mag dit publiseer – teen vergoeding, natuurlik, skryf die kurator.

Ons is dankbaar en vertel haar sommer in 'n Strandveldse geselsbriefie meer as wat nodig is van die projek en sodra daar fondse beskikbaar is, sal ons dit oorplaas. Sy antwoord soos volg:

Dear S.D. Fourie:

I think in this  situation, we can waive ALL fees. Forget the contribution.

A simple credit will suffice. We’re delighted that Sampson  Dyer will be

included in your island history, as he should be.

Good luck with the book! Smooth sailing, Marie Henke

As mense uit Amerika 'n bydrae kan maak, kan Gansbaaise mense blaaie vol skryf, maar dit is nie wat ons soek nie. Slegs hoogstens 100 tot 150 woorde oor jou sportklub, skool of enige ander  of vereniging of instansie. Soos byvoorbeeld die Rooikruis wat destyds 'n belangrike rol in Gansbaai gespeel het, die gholfklub wat tans 'n baie gewilde spel is en wat reeds uit die tagtigerjare dateer. Destyds was daar maar drie putjies.

Ons wil slegs weet waar het julle begin, waar staan die organisasie nou en watter soort fondsinsamelings hou julle. Fondsinsamelings lei tot feeste en feeste is sprekend van 'n dorp se kultuur. Destydse dorpsfeeste was kettie-skiet 'n baie gewilde stalletjie. Ek wonder of dit nog bestaan.

SD Fourie

Gedenkboek Navrae Draai in Amerika

SD Fourie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles