Gedenkboek Navrae Draai in Amerika

Gedenkboek Navrae Draai in Amerika

Gansbaai Courant

Dit is nogal interessant om te sien hoe ontwikkel die gemeenskap hier voor jou op die skerm met die bydraes van gemeenskapsorganisasies oor hul bedrywighede. Dis 'n gesonde en bedrywige gemeenskap wat sy probleme aanspreek deur saam hande te vat om te speel en te werk.

Ongelukkig het almal nog nie terugvoering gegee nie en is daar nog skole en sportklubs se bydraes uitstaande.

Daar is soveel mense wat saamwerk om van die boek 'n  sukses te maak dat dit byna ondenkbaar is dat iemand of 'n instansie nie deel word van die projek nie. Ons het dit nou al soveel maal gesê dat dit byna soos 'n refrein klink:

Die boek is deur die gemeenskap vir die gemeenskap!

En dan is daar weer ander wat ver buite die grense soveel moeite doen om deel van die projek te wees. Sampson Dyer se geskiedenis is afgehandel en daardie hoofstuk is reeds afgesluit, maar dit het my nog steeds gehinder dat daar geen foto van dié man, wat mens byna die stigter van die eerste industrie in ons omgewing kan noem, beskikbaar is nie. Nêrens kon ons een opspoor nie.

Selfs die nasate van Sampson Dyer (hier by ons in volksmond verander na Dyers) kon ons nie help nie.

Op 'n dag lees ek iewers iets raak. In Nantucket, 'n klein eiland dertig myl suid van Cape Cod in die Amerikaanse staat, Massachusetts,  waar Sampson as  harpoenier  gewerk het, is daar 'n foto-museum.  Ons stuur 'n navraag aan die kurator.

Ja, hulle het nou onlangs 'n portret ontdek  wat destyds deur 'n baie bekende Chinese skilder van Sampson gedoen is en ons mag dit publiseer – teen vergoeding, natuurlik, skryf die kurator.

Ons is dankbaar en vertel haar sommer in 'n Strandveldse geselsbriefie meer as wat nodig is van die projek en sodra daar fondse beskikbaar is, sal ons dit oorplaas. Sy antwoord soos volg:

Dear S.D. Fourie:

I think in this  situation, we can waive ALL fees. Forget the contribution.

A simple credit will suffice. We’re delighted that Sampson  Dyer will be

included in your island history, as he should be.

Good luck with the book! Smooth sailing, Marie Henke

As mense uit Amerika 'n bydrae kan maak, kan Gansbaaise mense blaaie vol skryf, maar dit is nie wat ons soek nie. Slegs hoogstens 100 tot 150 woorde oor jou sportklub, skool of enige ander  of vereniging of instansie. Soos byvoorbeeld die Rooikruis wat destyds 'n belangrike rol in Gansbaai gespeel het, die gholfklub wat tans 'n baie gewilde spel is en wat reeds uit die tagtigerjare dateer. Destyds was daar maar drie putjies.

Ons wil slegs weet waar het julle begin, waar staan die organisasie nou en watter soort fondsinsamelings hou julle. Fondsinsamelings lei tot feeste en feeste is sprekend van 'n dorp se kultuur. Destydse dorpsfeeste was kettie-skiet 'n baie gewilde stalletjie. Ek wonder of dit nog bestaan.

SD Fourie

Gedenkboek Navrae Draai in Amerika

SD Fourie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles