Die gereelde maandelikse wynproe-aande van die Gansbaai Wynproegilde se gewildheid het gekom om te bly - dit is nou al oor etlike jare heen bewys. Maartmaand se wynproe-aand is midde die gesellige atmosfeer van Tolbos Bistro van Annemarie Watney aangebied.
Die aanbieder was Louisvale Wynkelder van Stellenbosch. In Cassie du Plessis se kommentaar op internet skryf hy: “Twee Transvaalse stadsjapies wat hul lyf wynboer kom hou het in Stellenbosch se wêreld, het in enkele jare reggekry wat menige wynkelder in Suid-Afrika maar net van gedroom het. Dit is om van Frankryk se groot wit druifkultivar, Chardonnay, op Kaapse bodem ‘n groot wyn te maak.”
Soos dit gereeld die geval is, is die aand goed bygewoon en is daar gesellig wyn geproe en informeel saamgekuier, met bobaas sjef, Wayne Devitt, wat seker gemaak het sy disse vir die aand pas by die wyne. Die gebruiklike blyke van waardering is oorhandig en die res van die aand is net terdeë geniet.
Vir meer besonderhede rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-832-1614 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.
(Foto: Clive Bailey)
Hardus Botha