Vroulike spioen en manlike dubbelagent

Vroulike spioen en manlike dubbelagent

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

TITEL                    :               Goue dagbreek
OUTEUR             :               Bets Smith
KATEGORIE       :               Historiese liefdesroman
FORMAAT           :               Sagteband, 129 mm x 198 mm
BLADSYE           :               304
ISBN                    :               9780799372595
PRYS                   :               R214,95

Die oorlog en Gordon Fraser veroorsaak ’n oënskynlik onoorbrugbare kloof tussen Catriona en Rudolf Dreyer. Waar daar kort gelede nog liefde was, lees Catriona haat, afkeer en veragting in sy oë. Hy glo sy was vir sy twee broers se teregstelling verantwoordelik en sy kan hom nie bereik om hom van die teendeel te oortuig nie.

As Rooikruisverpleegster deurkruis sy die Boererepublieke in die ambulanstrein op soek na hom, in die hoop dat sy hom sal raakloop en van haar onskuld kan oortuig, maar toe dit wel gebeur, vertel sy oë haar hy vermoed sy gaan hom weer eens verraai.

Sy ontdek hy het Rudolf Dreyer diep weggebêre. Hy is nou Ben van den Berg, skerpskutter vir generaal Botha en soms kaptein Ben Sutherland, Kakie-offisier. Vir Catriona hou hy hom blind en doof, want Trevor Carruthers, haar pa se handlanger en regterhand is ’n immer teenwoordige faktor waarmee rekening gehou moet word.

Toe hulle paaie onverwags begin saamloop, kry sy ’n tweede kans.

Deur haar bedrywighede as spioen vir die Boeresaak stel Catriona haar lewe in gevaar en sy hoop dit sal hom van haar lojaliteit verseker. Die oorlog moet egter eers vele kronkelpaaie met hulle lewens loop voor sy hom kan oortuig dat sy enigiets vir hul liefde sal doen.

’n Ware vrou as rolmodel

Catriona se fiktiewe verhaal leef danksy die ware spioen, Johanna Van Warmelo, wat vir g’n man teruggestaan het tydens die oorlog nie.

Reeks

Onder ’n sterrehemel is die eerste boek in die tweeluik en verskyn in Januarie 2015.

Die skrywer

Bets Smith se loopbaan begin as ’n offisier in die SA Weermag se dokumentasiediens waar sy navorsing doen oor die land se weermaggeskiedenis. Ná haar troue verhuis sy platteland toe en kry later ’n pos as hoërskoolonderwyseres op Witrivier waar sy steeds na agt en twintig jaar bly.

Haar lewe lank ’n ywerige leser, veral van spanningsverhale en romanses, stuur sy in 1996 haar eerste manuskrip na JP van der Walt-uitgewers en haar eerste spanningsroman, By omdraai verby, verskyn in 1997. Sedertdien het sy al 25 boeke geskryf.

Vroulike spioen en manlike dubbelagent

LAPA

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles