Huis E kuier in Gansbaai

Huis E kuier in Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Onlangs was dit die dogters van Huis E in Robertson se beurt om Gansbaai te besoek,” vertel Lukas en Stienie Geldenhuys. “Hulle is reguit na Panorama waar hulle die naweek in tente tuisgegaan het.”

Amelia du Toit van Roodepoort het aan elke kind 'n pakkie met klere, grimering en toiletware gepos, waaroor groot opgewondenheid geheers het. Daarna het Lukas oor “Die liggaam is 'n tempel van die Heilige Gees” met hulle gesels. Saterdagoggend het nog ‘n verrassing op hulle gewag: Fondse is voorgeskiet sodat elkeen van hulle klere na eie keuse by Pep Stores kon gaan koop, waarna die Wimpy se roomys op hulle gewag het. “Die staptog teen die berg uit het ook vir groot opwinding gesorg en vele vrae oor die natuur- en dierelewe is gevra,” vertel Stienie. Sy sê met die terugkeer het hulle hul eie stompe en fynhout vir die kampvuur saamgedra (en gesleep!).

Daarna was “chips” en “hamburgers” aan die beurt. Later die dag was daar nog ‘n hoogtepunt: ‘n bootrit op Supreme Shark Diving se boot om na haaie te kyk, wat hulle gelukkig baie van gesien het. Terug by die kampterrein het ds Dennis Naidoo ‘n boodskap gelewer, waarna vleis gebraai is en nog pakkies uitgedeel is wat deur George geskenk is. Sondag is die Erediens in die NG Kerk bygewoon, met Zelda wat hul opregte waardering vir al die ondersteuning aan die gemeente oorgedra het.

Daarna is Albert en Marie Potgieter se Feetjietuin besoek en na middagete was dit weer oppak ná nog ‘n opwindende naweek in Gansbaai, met lekkergoedpakkies van Adleen wat uitgedeel is.

Stienie hou graag die volgende bedankings voor: Panorama Restaurant (Hencia Lourens, Christo, Jessica & Hannes) wat die naweek geborg het; Amelia du Toit van Roodepoort (geskenkpakkies); Christa van B’Blondes (pizzas); Ds Dennis Naidoo (boodskap); Ferdie van Supreme Shark Diving; Kekkel en Kraai (hoender); Lukas (hulp, braai en berguitstappie); Marie & Johan (bystand); Marie Potgieter (feetjietuin, "muffins" & koeldrank); Sue & Christelle (hulp met klere koop); Susan en Dries van Heerden en Adleen Swart van Hermanus; Wimpy (afslag op roomys).

Hardus Botha

Huis E kuier in Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles