De Kelders Beplande ontwikkeling

De Kelders Beplande ontwikkeling

Gansbaai Courant

Die beplande langtermyn-ontwikkeling van De Kelders as ‘n Toeriste-vriendelike kusdorpie, het reeds hewige reaksie deur die inwoners ontlok (Gansbaai Courant, Donderdag, 12 Februarie 2015). In Die Burger (Donderdag, 2 April 2015) het Nielen de Klerk ‘n onderhoud met Riaan Kuchar, Senior Bestuurder: Stadsbeplanning van die Overstrand-munisipaliteit gevoer, onder die opskrif: Splinternuwe baadjie vir kusdorpie beplan. “Sodra ons al die kommentare ontvang het, sal ons dit verwerk en kyk wat die impak en bekommernisse is,” het Riaan aan Nielen gesê. Intussen het die De Kelders en Perlemoenbaai Belastingbetalers Vereniging die volgende aan Gansbaai Courant voorgelê waarin hulle hul positiewe en negatiewe kommentaar, asook voorstelle aan die Overstrand-munisipaliteit wil uitwys. (Red.)

De Kelders Nodale Ontwikkelingstudie

Die De Kelders Nodale Ontwikkelingstudie gedateer Junie 2014 is tydens die De Kelders en Perlemoenbaai Belastingbetalers Vereniging se Algemene Jaarvergadering op 19 Desember 2015 bespreek. Hierdie komitee het sedert die eerste voorstel in September 2012 aan die openbare deelname proses deelgeneem en kommentaar gelewer. Sedertdien is verskeie vergaderings en besprekings in hierdie verband bygewoon. Dit is teleurstellend dat opinies en kommentaar nie in die huidige dokument reflekteer  nie. In die lig van die belangrikheid van die dokument gedateer Junie 2014 is ‘n ontmoeting met die Bestuurder: Dorpsbeplanning gereël. ‘n Verdere openbare vergadering is gereël wat deur 70 belastingbetalers van die onmiddelike area bygewoon is. Dit het daartoe gelei dat 'n petisie deur ±135 belastingbetalers ondersteun is.

Aanbevelings en kommentaar

Met verwysing na kommentaar / besware wat ontvang is van verskeie inwoners in die gebied wil hierdie komitee die volgende aanbevelings maak en kommentaar lewer oor die sentitiewe aangeleenthede. Kommentaar en aanbevelings word gemaak inaggenome die volgende feitlikhede: Die huidige geslag inwoners het 'n duidelike mening uitgespreek dat die kommersialisering van die gebied nie aanvaarbaar is nie inaggenome die huidige residensiële / familie vakansie atmosfeer van die gebied. Huidige eienaars het vir dié rede in die area  belê. Enige verdere voorstelle en toekomstige ontwikkelingsplanne moet dus aangepas word om die vreedsame karakter, uitsig oor Walkerbaai, ekologie en lewenstandaarde in die De Kelders Area te waarborg en nie op enige wyse te benadeel nie.

Kommentaar en voorstelle

Die hersonering van eiendomme vir kommersiële doeleindes langs Guthriestraat in die ontwikkelingstudie is op hierdie stadium riskant inaggenome dat die diensvlakooreenkoms tussen die nuwe eienaar van Whale Cove ontwikkeling en die Overstrand Munisipaliteit tans sub judice is en nog gefinaliseer moet word. Voorsiening vir die infasering van parkeerareas (sonder piekniek fasiliteite) langs die R43 en Guthriestraat moet tot die minimum beperk word en slegs uitgebrei word in oorstemming met die behoefte aan sodanige uitbreiding. Verskaffing van sodanige parkeerarea moet nie ten koste van die vernietiging van inheemse plantegroei en fynbos ontwikkel word nie. Die voltooiing van die Baardskeerdersbos / Elim pad na Bredasdorp sal toerisme verkeer deur Gansbaai verhoog. Beperkte bus trek-af parkeer- en draairuimte moet op die bestaande Guthriestraat padreserwe voorsien word om groter busverkeer te akkommodeer. Blyk dit nodig te wees om die parkeerterrein vir busse te vergroot moet dit op die oopruimte ontwikkel word sonder om die ekologie te versteur; Duidelike inligtingtekens wat die toegang van busse verder as die parkering / keerpunt (vir busse) te beperk moet afgedwing word. Onregmatige bustoegang kan ook ontmoedig word deur byvoorbeeld smaller ingange na die laer gedeelte van Guthriestraat te bou; Die huidige toiletgeriewe vir toeriste in Cliffstraat moet opgegradeer word en in stand gehou word. Ontwikkeling van toiletgeriewe in die park word egter ondersteun onderworpe aan: Oorweging moet gegee word aan 'n inligtingsentrum / toeriste kiosk in die park area, die klem op die fauna en flora van die gebied, met ander woorde inheemse Strandveld fynbos en walvisspesies. Die ontwerp /argitektuur van sodanige gebou moet op so 'n wyse ontwerp word dat dit op geen wyse  die huidige see-uitsig belemmer of bestaande bouhoogte regulasies oorskry nie. Dit moet verkieslik gedeeltelik versink word en deel vorm van die aangrensende rotstuin / tuin ontwerp wat bestaan uit fynbos. Toiletgeriewe (indien dan nodig) moet deel wees van hierdie gebou; Die huidige park moet uitgesluit word vir verdere ontwikkeling en geoormerk word as 'n gemeenskapsgedrewe tuin en ontspanningsgebied vir die inwoners en hul gaste; Geen kommersiële of verblyf aktiwiteite moet voorsien word in die huidige park nie; 'n Inligting kennisgewingbord wat die rigting na die Gansbaai besigheidsgebied, Klipgatgrotte en die Plaat aandui moet opgerig word; Die ontwikkeling van die Guthriestraat padreserwe vir voetgangers, pendelvoertuie en aansluiting met die R43 word as 'n hoë prioriteit beskou: Wandelpaaie en plaveisel met bome / inheemse struike na die grotte moet ontwikkel word. Sypaadjies moet ook vir gestremdes toeganklik  wees. Die huidige voertuig straatreserwe moet in stand gehou word. Die toegang en uitgang na die R43 moet aangepas word om voorsiening te maak vir groter busse. Oorweging behoort gegee te word aan die bou van 'n verkeersirkel by die kruising van Guthriestraat met die R43. Die verkeersvloei van Guthriestraat moet harmonieus aansluit  met Cliffstraat; Die huidige bou hoogtebeperking moet in stand gehou word vir alle toekomstige ontwikkelings; Ons is heeltemal  gekant teen enige ontwikkeling of vergunde gebruik wat informele handel en/of kommersiële sonering langs Guthriestraat  en die parkarea aanmoedig; Alle pogings om erf 1069 te bekom word ondersteun. Dit word beskou as deel van die toeriste-ervaring in die area en moet voortgaan.

De Kelders is primêr 'n woongebied en moet as sodanig vir die toekoms beskerm en bewaar te word. Inwoners trek De Kelders toe as gevolg van die stil en rustige, mooi en veilige omgewing. Ontwikkeling moet fokus op die historiese en argeologiese erfenis en die behoud van die kranse eerder as die kommersialisering van ‘n veilige omgewing.    

Jannie Botha

Voorsitter: De Kelders en Perlemoenbaai Belastingbetalers Vereniging

De Kelders Beplande ontwikkeling

Jannie Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles