Het jy toe die nuwe lewe ontdek?

Het jy toe die nuwe lewe ontdek?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Aan GOD, die Vader van ons HERE Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.” (1Pet. 1:3) 

Sjoe, amper is hierdie Paastyd verby voordat ek aan jou die uiters belangrike vraag kon vra! Dalk dink jy ek wil jou vra of jy Vrydag ook by die kruis gekniel het en besef het Jesus Christus het spesiaal vir jou gesterf? Maar ek wil jou ook nie vra of jy Sondagoggend saam met die vroue verwonderd na die oop graf gekyk het en gehoor het dat Jesus uit die dood opgestaan het nie. Ek wil nie hierdie keer weet of jy ook saam met die dissipels in verwondering en afwagting geluister het toe daar aan hulle vertel is die graf is leeg en dat Jesus waarlik opgestaan het nie. Nee, ek wil jou ’n baie persoonlike en reguit vraag vra:

Het jy in hierdie Paastyd die nuwe lewe in Jesus Christus ontdek waarvan die Bybel praat (1 Pet. 1:3; Rom 6:4; Tit. 3:5)? As jy in Jesus Christus glo as jou Verlosser gee GOD vir jou ’n nuwe lewe saam met Hom, ja, ’n ewige lewe. (Joh. 3:16) Maar dit is nie sommer net ’n gevoel van opwinding of ’n bietjie nuwe krag in jou liggaam nie. Dit is niks minder as ’n nuwe hart, nuwe gedagtes en ’n volkome nuwe geestelike lewe nie! Om die waarheid te sê: Jy word in GOD se familie gebore (Joh. 1:12-13; Joh. 3:1-8; 1 Pet. 1;3, 23) . Die Bybel noem dit wedergeboorte – die nuwe geestelike lewe in Jesus Christus.

Die lewe is te kort en te kosbaar om nie hierdie nuwe lewe in Jesus Christus te ontdek en te begin uitleef nie. Jesus het nie net opgestaan sodat ons ewig kan lewe nie, maar ook sodat ons hier op aarde die nuwe geestelike lewe kan uitleef. In die nuwe lewe gaan dit nie meer oor wat ek begeer en hoe ek wil lewe nie. Nee, jy ontdek ’n lewe waar jy in alles die afdruk van GOD raaksien.  Die hele natuur en alles om jou kry ’n nuwe ligglans en jy besef hoe GOD se hand in alles teenwoordig is. Waar jy voorheen na mense met agterdog of vooroordeel gekyk het, sien jy met nuwe oë raak hoe GOD elke mens uniek geskape het – en dat Hy jou gebruik om teenoor ander te getuig van Sy liefde vir elke mens. Jy is bereid om daardie tweede kilometer saam met jou broer te stap en jou laaste stukkie brood ook met hom te deel.

Hierdie nuwe lewe in Jesus is ’n fees jong! Jy het nog nooit soveel blydskap en vreugde beleef voordat jy met hierdie nuwe lewe begin het nie. Jy kan dit gerus probeer. Gee sommer nou jou hart en jou hele lewe oor aan Jesus en begin hierdie nuwe lewe!

Het jy toe die nuwe lewe ontdek?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles