Het jy toe die nuwe lewe ontdek?

Het jy toe die nuwe lewe ontdek?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Aan GOD, die Vader van ons HERE Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.” (1Pet. 1:3) 

Sjoe, amper is hierdie Paastyd verby voordat ek aan jou die uiters belangrike vraag kon vra! Dalk dink jy ek wil jou vra of jy Vrydag ook by die kruis gekniel het en besef het Jesus Christus het spesiaal vir jou gesterf? Maar ek wil jou ook nie vra of jy Sondagoggend saam met die vroue verwonderd na die oop graf gekyk het en gehoor het dat Jesus uit die dood opgestaan het nie. Ek wil nie hierdie keer weet of jy ook saam met die dissipels in verwondering en afwagting geluister het toe daar aan hulle vertel is die graf is leeg en dat Jesus waarlik opgestaan het nie. Nee, ek wil jou ’n baie persoonlike en reguit vraag vra:

Het jy in hierdie Paastyd die nuwe lewe in Jesus Christus ontdek waarvan die Bybel praat (1 Pet. 1:3; Rom 6:4; Tit. 3:5)? As jy in Jesus Christus glo as jou Verlosser gee GOD vir jou ’n nuwe lewe saam met Hom, ja, ’n ewige lewe. (Joh. 3:16) Maar dit is nie sommer net ’n gevoel van opwinding of ’n bietjie nuwe krag in jou liggaam nie. Dit is niks minder as ’n nuwe hart, nuwe gedagtes en ’n volkome nuwe geestelike lewe nie! Om die waarheid te sê: Jy word in GOD se familie gebore (Joh. 1:12-13; Joh. 3:1-8; 1 Pet. 1;3, 23) . Die Bybel noem dit wedergeboorte – die nuwe geestelike lewe in Jesus Christus.

Die lewe is te kort en te kosbaar om nie hierdie nuwe lewe in Jesus Christus te ontdek en te begin uitleef nie. Jesus het nie net opgestaan sodat ons ewig kan lewe nie, maar ook sodat ons hier op aarde die nuwe geestelike lewe kan uitleef. In die nuwe lewe gaan dit nie meer oor wat ek begeer en hoe ek wil lewe nie. Nee, jy ontdek ’n lewe waar jy in alles die afdruk van GOD raaksien.  Die hele natuur en alles om jou kry ’n nuwe ligglans en jy besef hoe GOD se hand in alles teenwoordig is. Waar jy voorheen na mense met agterdog of vooroordeel gekyk het, sien jy met nuwe oë raak hoe GOD elke mens uniek geskape het – en dat Hy jou gebruik om teenoor ander te getuig van Sy liefde vir elke mens. Jy is bereid om daardie tweede kilometer saam met jou broer te stap en jou laaste stukkie brood ook met hom te deel.

Hierdie nuwe lewe in Jesus is ’n fees jong! Jy het nog nooit soveel blydskap en vreugde beleef voordat jy met hierdie nuwe lewe begin het nie. Jy kan dit gerus probeer. Gee sommer nou jou hart en jou hele lewe oor aan Jesus en begin hierdie nuwe lewe!

Het jy toe die nuwe lewe ontdek?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles