Nat suksesvolle PB basaar

Nat suksesvolle PB basaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Pearly Beach NG Kerk se jaarlikse basaar verlede Saterdag was ‘n reuse sukses,” vertel Petrus du Preez, sameroeper. “Die opkoms en die ondersteuning van die publiek, ongeag die reënweer, was ongelooflik.” Petrus sê ‘n besonder feestelike atmosfeer het geheers en die samewerking was fantasties, met ‘n pragtige opbrengs van sowat R80,000. Hy sê past Frikkie Zeelie en sy helpers was die pannekoekbakkers, met Frikkie wat die deeg aangemaak het en die AGS-lede wat die meeste van die bestanddele geskenk het.

Dié span is deur rdl Dudley Coetzee van die Gansbaai Family Church bygestaan. “As dit nie ‘n teken van samewerking tussen verskillende denominasies is nie, dan weet ek darem nie wat is nie,” sê ‘n dankbare Petrus. “Ons hartlike dank aan hulle, al die ondersteuners en die gemeentelede wat so hard gewerk het om van hierdie geleentheid so ‘n groot sukses te maak.”

Daar was pannekoek, poedings, hotdogs, hamburgers, potjieskos, ‘n plaasstal met vars vrugte, groente, vleisprodukte en vele meer. Die gesellige kafee in die saal, met Eddie Barnard se musiek, het alles tot ‘n gesellige gees bygedra. Petrus sê die basaar sou aanvanklik om 09.00 begin het, maar om 08.30 was die lus vir pannekoek en poeding so erg dat ds Dirk van Dyk nadergetrek is om met gebed te open.

“Ek wil nogmaals baie dankie sê vir al die helpers, donateurs, ondersteuners, maar heel meeste aan ons Hemelse Vader wat ons so besonderlik seën,” sê Petrus. “Die reëntjie was baie welkom en het die besoekers van die strande basaar toe gejaag - baie dankie nogmaals aan almal!”

Hardus Botha

Nat suksesvolle PB basaar

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles