Gaan soek hulle tussen die bamboes

Gaan soek hulle tussen die bamboes

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is heel paar silwervis gevang, en dit lyk asof onder hulle sommer heelwat oulywe was. Dan is daar ook (vanaf ‘n ander boot) ‘n hottie gevang wat, so sweer my informant, baie na aan ‘n volle twee kilo moet wees. So ‘n hottie, wat nou dril van die vet, is iets wat op die rooster móét kom! Sommer in die vlak water het ‘n stokvis die aas kom vat. Dinge kom reg.

Neem kennis  --  die kreefseisoen is iets van die verlede.

Gelukkig is daar vele fasette van hengel. Kom ons kyk bietjie hoe gaan dit as jy besluit om jou vis te gaan soek waar daar nie ‘n skaarste aan bamboes is nie, en jy doen dit vanuit ‘n boot. Tot ‘n mate is dit ‘n spesiale manier van hengel en dit kan groot genoegdoening verskaf  --  maar ook hope frustasie. Onthou as jy die vis daar raakloop moet jy jou maar klaarmaak om ‘n paar hotties te vang wat jou somtyds hartkloppens gee. Dis waar die ou grotes wei. Daar is wel ‘n paar goed waarop jy jou kan voorberei. Bamboes beteken vassit en dit weer beteken dat jy moet sorg vir genoeg sinkers. En lyn en hoeke.

Waarvoor jy in jou pasoppens moet wees is hoe die see lyk. Waar daar bamboes is is normaalweg ook baie riwwe, en dis mos waar die branders breek. So maak eers seker dis veilig. Normaalweg sal laagwater ‘n goeie keuse wees want dis dan makliker om die “gate” of operige spasies om die bamboes te sien. Indien die water trekkerig is moet die anker gegooi word sodat die boot beweeg in die rigting waar daar nog oop spasies is.

Sodoende hoef die ankertou net by die boot losgemaak te word en die uittrek daarvan is dan onnodig indien jy verder na ‘n ander posisie wil dryf. Maak ook seker dat jy genoeg aas het. Tussen die bamboes is goed soos klipvissies, babers, sommer baie haaitjies en ander aasvretertjies. Beste ase is sardyn, bloukoppies, mossel en rooiaas. Nou en dan word jy selfs verras met ‘n roman. En dan is daar nog ander dierasies ook.

Gebruik eerder ‘n ligte stokkie as ‘n handlyn want jy kan die lyn dan meerendeels weghou van die bamboes. Met stil water kan ‘n handlyn wel handig inkom, veral as die vis skelm byt. En gebruik kleinerige hoekies. As daai ou grote wegbreek en losbreek is klein hoekies seker te bevraagteken.  ‘n Man kan nog baie gesels oor hierdie manier van vang  --  dis soms moeilik, maar dit bly lekker. Groete, Seemeeu

Gaan soek hulle tussen die bamboes

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles