Dirk en Varswater blinklywe

Dirk en Varswater blinklywe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dirk Lourens, Gansbaai munisipaliteit se Senior Superintendent: Elektrotegniese Dienste, kan nie net met elektrisiteit werk nie - hy is al vir die afgelope 25 jaar ‘n aktiewe en gesoute varswaterhengelaar, met vele toekennings, soos onder andere WP- en Suid-Kaap Kleure.

Onlangs (11-13 Maart 2015) was Dirk deel van die Suid-Kaap span wat aan die President A Seniors se kampioenskappe/-proewe by Hartbeeskuildam by Hartenbos deelgeneem het. Ander deelnemende provinsies was Natal, OP, WP, Noord-Kaap, Sentraal NW en Limpopo. Elke span bestaan uit 12 hengelaars: ‘n spankaptein, ‘n reserwe en ‘n bestuurder/afrigter. “Onder omstandighede het Suid-Kaap goed gevaar, maar die kusspanne kry maar swaar teen die binnelandse spanne, hoofsaaklik as gevolg van getalle,” vertel Dirk.

‘n Vorige keer het Gansbaai Courant oor Sandrie Wessels berig wat eweneens uitstekend in die dameskompetisies vaar. “Ons het altwee suksesvol vir die Vlak 1 Afrigterskursus ingeskryf, met myself wat 83% behaal het en Sandrie wat met 81% kort agter my geëindig het,” vertel Dirk. Hy het belowe om Gansbaai Courant later in te lig oor varswaterhengel van toeka-se-tyd tot by vandag se professionele varswaterhengel. In ‘n vorige uitgawe het Gansbaai Courant gemeld dat dit verblydend is om weer varswaterhengel-nuus te kon kry.

Volgens Dirk is daar etlike knap (kampioene ingesluit) varswaterhengelaars in die omgewing. Laat hoor gerus van julle.

Hardus Botha

Dirk en Varswater blinklywe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles