Die Sondagliga 20/20 finaal is tussen Napier en Gansbaai beslis. Die wedstryd is op Napier gespeel en die tuisspan het eerste gekolf en 169/6 aangeteken.
Gansbaai se beste boulers was Christo Swart 2/37 na 4 boulbeurte, Juan Havenga 2/31 na 4 boulbeurte, Phillip Prins en sy broer, Jacques het elk 1 paaltjie geneem. Gansbaai is daarna vir 139 lopies uitgehaal.
Die beste kolwers was Johan Beets met 38 lopies en Phillip Prins met 33.
Francois de Jongh