“Ally Msweli is met ingang van 2 Maart vanjaar as ‘n ‘intern’ tot einde Junie 2015 deur die munisipaliteit aangestel, maar hopelik ook vir die volgende finansiële jaar,” sê Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme. “Voor dit was hy op ons boeke as ‘n tydelike personeellid, veral oor naweke.”
Glenda sê hulle is besig om hom as ‘n toergids vir Masakhane-toere, asook ander toere, op te lei en te kwalifiseer. Ally Msweli (30) was die suksesvolle applikant vir die vakante pos by Gansbaai Toerisme, waar hy op 2 Maart 2015 aangestel is. Hy is oorspronklik van die Oos-Kaap, maar woon al 11 jaar in Gansbaai. Tydens sy werksaamhede as toergids vir sowat 3 jaar by Grootbos, het hy waardevolle ondervinding vir die pos by Gansbaai Toerisme opgedoen.
Hy beskik ook oor ‘n diploma in Tuinbou wat hy as ‘n student aan die Green Futures Foundation College verwerf het. Hy sê hy was gekeur as een van die studente wat na die Eden Project, Cornwall, UK ge-stuur sou word, maar hy het siek geword en kon nie saamgaan nie. Ally glo hy is op die regte plek waar hy nou is en geniet veral die kommunikasie met lokale- en internasionale toeriste. Deel van sy toekomsvisie is om homself as ‘n gekwalifiseerde toergids te bekwaam.
“Ally is an enthusiastic, reliable and committed member of the staff. He is eager to learn and is very appreciative of all the opportunities given. He performs the tasks he is assigned well. He is a member of the Youth Committee. I think that this young man will go far!” het Glenda gesê.
Vir vriendelike en kundige ondersteuning kan Gansbaai Toerisme se span by 028-384-1439 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net. Besoek ook gerus hulle webtuiste by http://www.gansbaaiinfo.com.
Hardus Botha