Knap Silhoeetskut

Knap Silhoeetskut

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Johan van der Mescht van Franskraal is reeds sowat 35 jaar by silhoeët- en bisley-skyfskiet betrokke. Sy betrokkenheid by hierdie sport het egter nie by skyfskiet as skut geëindig nie. Dit het ampte soos spanbestuurder en ook afrigter by verskeie skole, Provinsiaal en Nasionaal wat tot op Internasionale vlak deelgeneem het, ingesluit. Vanaf 2012 tot 2014 het hy tydens Silhoeëtkompetisies 6 x 3de plekke, 8 x 2de plekke en 27 x 1ste plekke ingepalm.

Tydens die 2015 Vrystaatse Classic Silhoeëtskut Kompetisie, waaraan 100 skuts deelgeneem het, behaal hy 1 x 3de plek, 1 x 2de plek en 5 x 1ste plekke. Daar het hy ook gekwalifiseer om in die oopvisier geweerafdeling aan die Nasionale proewe met die oog op die Wêreldskut Kompetisie in 2016 deel te neem. Johan se passie vir dié sport het reeds op 14-jarige ouderdom begin.

In 1968 koop hy sy eerste eie geweer by sy pa - ‘n windbuks wat hy by sy pa vir R8 gekoop het en teen 50c per week met sy sakgeld moes afbetaal voordat hy die geweer kon kry. Met sy aftrede sowat 5 jaar gelede in Franskraal, kon hy meer dikwels aan kompetisies deelneem. Silhoeët-skyfskiet behels die skiet na metaal silhoeëtvalplate op verskillende afstande en in bepaalde tye, wat dit beslis ‘n kuns maak om te beoefen.

Johan het ook op Provinsiale-, Nasionale- en Internasionale vlakke aan Bisley Kompetisies deelgeneem. Hy is tans lid van die Bloemfontein-, WP- en SA Metaal Silhoeët Skietklubs, asook lid van Pearly Beach Gun Club en Gansbaai Pistoolskietklub. Hy vertel dat geweerskuts se kundigheid nie gebruik word om te jag of diere dood te maak nie.

“Die redes waarom ek hierdie sportsoort beoefen is omdat dit dissipline, deursettingsvermoeëns, respek vir jouself en jou medemens en ‘n gesonde leefwyse bevorder, asook verantwoordelike vuurwapenveiligheid te alle tye,” sê Johan.

 Hardus Botha

Knap Silhoeetskut

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles