Wat maak ons met die dag van die HERE?

Wat maak ons met die dag van die HERE?

Gansbaai Courant

“Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.” (Ps. 118:24) 

“Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is.” (Joh 20:1)

Elke sewende dag is ’n Sondag. Daar is 52 Sondae in ’n jaar. Elke sewende jaar sal ‘n mens ’n volle jaar van Sondae gehad het. ’n Persoon wat 21 jaar oud is, het reeds 3 jaar van Sondae beleef. Op die ouderdom van 35 is dit 5 jaar van Sondae. Op die ouderdom van 70 het jy alreeds 10 jaar van Sondae gehad. Merkwaardig nê!

Vir die Joodse gelowige is Saterdag die dag van die HERE. Vir ons as Christene is Sondag die dag waarop Jesus uit die dood opgestaan het en vier ons dit as ons dag van die HERE. So kry ons in die meeste van gelowe ’n dag of tyd van die week wat hulle aan hulle god wy. My vraag is: Wat maak ons as Christene van die 21ste eeu met die dag van die HERE? Sal al die besoekers wat in ons land kom kuier enigsins sien dat ons ’n dag het wat ons aan die enigste ware lewende GOD wy? Wat gaan ons eendag as ons  voor GOD se troon verskyn sê wat het ons  op Sy dag gedoen? Watter geestelike bates sal ons aan Hom kan wys?

Van jongs af het my ouers my geleer dat ons Sondag na die huis van die HERE gaan om daar te aanbid. Hulle was só ernstig daaroor dat ons op ’n Sondag nie ons skoolwerk mag gedoen het of in die tuin gewerk of enige werk gedoen het nie. As ons uit die kerk gekom het, het ons huis toe gegaan en as familie die res van die dag deurgebring. As daar saans weer ’n erediens was, het ons almal daarheen gegaan. Wat het verander? Hoekom lyk Sondae vandag só heeltemal anders? Is dit al die winkels wat oop is of sport wat ook nou op Sondae gespeel word?

Ek dink dit is iets baie meer ernstig. Ons het ons ware liefde vir GOD en Sy huis verloor in die gejaag van ons moderne bestaan. Luister hoe stel Psalm 84 dit: “Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende GOD. Selfs 'n mossie het 'n nes en 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjies daar by u altare, HERE, Almagtige, my Koning en my GOD!

Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is: hulle hou nie op om U te prys nie. Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind en graag na u tempel toe gaan.”

(84:1-6)

Miskien met ons almal weer nadink oor wat maak ons met die dag van die HERE. Wat is die voorbeeld wat ons aan ons kinders en aan die wêreld oordra?

Wat maak ons met die dag van die HERE?

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles