Wat maak ons met die dag van die HERE?

Wat maak ons met die dag van die HERE?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.” (Ps. 118:24) 

“Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is.” (Joh 20:1)

Elke sewende dag is ’n Sondag. Daar is 52 Sondae in ’n jaar. Elke sewende jaar sal ‘n mens ’n volle jaar van Sondae gehad het. ’n Persoon wat 21 jaar oud is, het reeds 3 jaar van Sondae beleef. Op die ouderdom van 35 is dit 5 jaar van Sondae. Op die ouderdom van 70 het jy alreeds 10 jaar van Sondae gehad. Merkwaardig nê!

Vir die Joodse gelowige is Saterdag die dag van die HERE. Vir ons as Christene is Sondag die dag waarop Jesus uit die dood opgestaan het en vier ons dit as ons dag van die HERE. So kry ons in die meeste van gelowe ’n dag of tyd van die week wat hulle aan hulle god wy. My vraag is: Wat maak ons as Christene van die 21ste eeu met die dag van die HERE? Sal al die besoekers wat in ons land kom kuier enigsins sien dat ons ’n dag het wat ons aan die enigste ware lewende GOD wy? Wat gaan ons eendag as ons  voor GOD se troon verskyn sê wat het ons  op Sy dag gedoen? Watter geestelike bates sal ons aan Hom kan wys?

Van jongs af het my ouers my geleer dat ons Sondag na die huis van die HERE gaan om daar te aanbid. Hulle was só ernstig daaroor dat ons op ’n Sondag nie ons skoolwerk mag gedoen het of in die tuin gewerk of enige werk gedoen het nie. As ons uit die kerk gekom het, het ons huis toe gegaan en as familie die res van die dag deurgebring. As daar saans weer ’n erediens was, het ons almal daarheen gegaan. Wat het verander? Hoekom lyk Sondae vandag só heeltemal anders? Is dit al die winkels wat oop is of sport wat ook nou op Sondae gespeel word?

Ek dink dit is iets baie meer ernstig. Ons het ons ware liefde vir GOD en Sy huis verloor in die gejaag van ons moderne bestaan. Luister hoe stel Psalm 84 dit: “Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende GOD. Selfs 'n mossie het 'n nes en 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjies daar by u altare, HERE, Almagtige, my Koning en my GOD!

Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is: hulle hou nie op om U te prys nie. Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind en graag na u tempel toe gaan.”

(84:1-6)

Miskien met ons almal weer nadink oor wat maak ons met die dag van die HERE. Wat is die voorbeeld wat ons aan ons kinders en aan die wêreld oordra?

Wat maak ons met die dag van die HERE?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles