“Die behoefte het ontstaan vir ‘n ‘tuin van herinnering’ waar bome vir afgestorwenes deur diegene wat agtergelaat is, geplant en versorg kan word,” vertel Claudine O’Conner. “Toestemming is onlangs vanaf Gansbaai munisipaliteit ontvang om ‘n deel van die area by Kleinbaai getypoel vir hierdie doel aan te wend.”
Claudine sê die bedoeling is dat familielede van afgestorwenes ‘n boom ter nagedagtes daar plant wat dan deur hulle vergorg moet word. Sy sê dit kan dan as ‘n “Tuin van Herinnering”, byna soos ‘n parkie, beskou word. Die bome moet self aangekoop word en dit moet inheemse bome wees.
Toestemming is verleen dat bome soos melkhout, silwer oak en wilde olyf vir dié doel gekoop kan word, maar dit word aanbeveel dat navrae in hierdie verband eers aan Grootbos se Green Futures gerig moet word om te verseker dat dit ‘n boom is wat direk langs die see sal aanpas. “Die moontlikheid om so ‘n projek ook by Stanfordsbaai aan te pak word tans ondersoek,” sê Claudine.
Vir navrae in hierdie verband kan Claudine O’Conner by 082-414-6830 gekontak word.
Hardus Botha