In Memoriam Gerda Wessels

In Memoriam Gerda Wessels

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gertruida Sophia (Gerda) Wessels (gebore Theart) is op 9 April 2015 in die ouderdom van 77 jaar en 9 maande oorlede.

Sy is op 21 Junie 1937 in Malmesbury gebore, waar sy ook grootgeword het en op skool was. Op 19 Augustus 1960, sowat 55 jaar gelede, tree sy met Basie Wessels in Malmesbury in die huwelik. Twee seuns is uit die huwelik gebore, Christo (53), getroud met Annette en Carlo (51), verloof aan Melinda. Gerda was geseën met 4 kleinkinders en 1 agterkleinkind. In 1988, sowat 27 jaar gelede, verhuis die egpaar na Gansbaai waar hulle ’n Spar koop waarby Gerda vir etlike jare by die bedryf daarvan betrokke was. “Ek moet dink aan die spreekwoord wat lui: ’n horlosie wat gaan staan het, kan nie teruggedraai word nie, maar dit kan wel opgewen word,” het ’n bewoë Basie gesê.

In Gansbaai het Gerda op ’n beskeie wyse uitgetroon waar dit by gemeenskapswerk gekom het en onverpoos hierdie passie in haar lewe nagestreef. Boekdele oor haar intense betrokkenheid op ’n verskeidenheid van gebiede kan geskryf word: jarelange voorsitter van die Gansbaai Belasting Betalersvereniging (GBBV); intense betrokkenheid by behuisingsprojekte, H.O.P en G.A.P.; betrokkenheid by Helpende Hand; Kerklike- en gemeentelike aktiwiteite; Wykskomitees, Mandela-dag liefdadigheidsprojekte, etlike ander liefdadigheidsprojekte en veel meer. Geen steen is deur haar onaangeraak gelaat wanneer klagtes deur belastingbetalers ingedien is om ondersoek te word nie - sy het haar alles gegee om aan klagtes aandag te verleen en die woorde, “ek kan nie”, is nooit deur haar ge-uiter nie, alle klagtes en voorstelle is in diepte ondersoek.

Alle projekte wat Gerda ten opsigte van liefdadigheid aangepak het, het sy passievol deurgevoer en telkens in haar doel geslaag. Haar intense betrokkenheid by Kansa en kankergevalle spruit voort vanuit haar eie ondervinding toe sy sowat 15 jaar gelede self ‘n kankerpasiënt was, maar genees is. Alle huldeblyke wat ontvang is, dui op ‘n besonderse, maar beskeie dame, wat haar skoene in die gemeenskap volgestaan het en ook nie gehuiwer het om haar opregte geloof as kind van die Here voluit uit te leef nie.

“Ek bedank graag die gemeenskap vir die aanhoudende oproepe van simpatie-betuiging wat ek ontvang het, meer as wat ek kon hanteer,” het Basie gesê. Tydens die Wykskomitee-vergadering van Woensdag, 15 April 2015, is ‘n minuut stilte gehandhaaf vir Gerda se afsterwe. Gerda laat haar eggenoot, Basie, 2 seuns, Christo en Carlo, skoondogter Annette, aanstaande skoondogter Melinda, 4 kleinkinders en 1 agterkleinkind agter. ‘n Roudiens sal op Vrydag, 17 April 2015 in Gansbaai Aanbiddingsentrum (AGS-gemeente, Mullerstraat) deur past Frikkie Zeelie gelei word.

Hardus Botha

In Memoriam Gerda Wessels

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles