In Memoriam Gerda Wessels

In Memoriam Gerda Wessels

Gansbaai Courant

Gertruida Sophia (Gerda) Wessels (gebore Theart) is op 9 April 2015 in die ouderdom van 77 jaar en 9 maande oorlede.

Sy is op 21 Junie 1937 in Malmesbury gebore, waar sy ook grootgeword het en op skool was. Op 19 Augustus 1960, sowat 55 jaar gelede, tree sy met Basie Wessels in Malmesbury in die huwelik. Twee seuns is uit die huwelik gebore, Christo (53), getroud met Annette en Carlo (51), verloof aan Melinda. Gerda was geseën met 4 kleinkinders en 1 agterkleinkind. In 1988, sowat 27 jaar gelede, verhuis die egpaar na Gansbaai waar hulle ’n Spar koop waarby Gerda vir etlike jare by die bedryf daarvan betrokke was. “Ek moet dink aan die spreekwoord wat lui: ’n horlosie wat gaan staan het, kan nie teruggedraai word nie, maar dit kan wel opgewen word,” het ’n bewoë Basie gesê.

In Gansbaai het Gerda op ’n beskeie wyse uitgetroon waar dit by gemeenskapswerk gekom het en onverpoos hierdie passie in haar lewe nagestreef. Boekdele oor haar intense betrokkenheid op ’n verskeidenheid van gebiede kan geskryf word: jarelange voorsitter van die Gansbaai Belasting Betalersvereniging (GBBV); intense betrokkenheid by behuisingsprojekte, H.O.P en G.A.P.; betrokkenheid by Helpende Hand; Kerklike- en gemeentelike aktiwiteite; Wykskomitees, Mandela-dag liefdadigheidsprojekte, etlike ander liefdadigheidsprojekte en veel meer. Geen steen is deur haar onaangeraak gelaat wanneer klagtes deur belastingbetalers ingedien is om ondersoek te word nie - sy het haar alles gegee om aan klagtes aandag te verleen en die woorde, “ek kan nie”, is nooit deur haar ge-uiter nie, alle klagtes en voorstelle is in diepte ondersoek.

Alle projekte wat Gerda ten opsigte van liefdadigheid aangepak het, het sy passievol deurgevoer en telkens in haar doel geslaag. Haar intense betrokkenheid by Kansa en kankergevalle spruit voort vanuit haar eie ondervinding toe sy sowat 15 jaar gelede self ‘n kankerpasiënt was, maar genees is. Alle huldeblyke wat ontvang is, dui op ‘n besonderse, maar beskeie dame, wat haar skoene in die gemeenskap volgestaan het en ook nie gehuiwer het om haar opregte geloof as kind van die Here voluit uit te leef nie.

“Ek bedank graag die gemeenskap vir die aanhoudende oproepe van simpatie-betuiging wat ek ontvang het, meer as wat ek kon hanteer,” het Basie gesê. Tydens die Wykskomitee-vergadering van Woensdag, 15 April 2015, is ‘n minuut stilte gehandhaaf vir Gerda se afsterwe. Gerda laat haar eggenoot, Basie, 2 seuns, Christo en Carlo, skoondogter Annette, aanstaande skoondogter Melinda, 4 kleinkinders en 1 agterkleinkind agter. ‘n Roudiens sal op Vrydag, 17 April 2015 in Gansbaai Aanbiddingsentrum (AGS-gemeente, Mullerstraat) deur past Frikkie Zeelie gelei word.

Hardus Botha

In Memoriam Gerda Wessels

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles