Ontmoeting met Heiliges bekroon

Ontmoeting met Heiliges bekroon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys, wat deel vorm van die jaarlikse belangrike Andrew Murray toekennings  vir die bevordering van die Christelike boek, is so pas aan dr Lisel Joubert vir haar boek Ontmoeting met Heiliges toegeken. Daar word spesifieke melding gemaak van haar deeglike navorsing en die vermoë om die materiaal bevatlik aan te bied.

Die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys is hierdie jaar vir die eerste keer toegeken. Dit is bedoel vir opkomende/debuutskrywers van publikasies met 'n Christelike inhoud in 'n amptelike taal van Suid-Afrika.

“Hier het jy nou ’n skatkis in jou hande! 58 stories oor mense wat ’n besondere begrip van die evangelie weerkaats. Ontmoeting met Heiliges stel die leser voor aan ’n wye verskeidenheid gelowiges, oor die eeue heen en uit alle Christelike tradisies. Innemende stories bring jou van aangesig tot aangesig met die persoon agter die verhaal, aangesien die skrywer nie die sogenaamde heiliges verheerlik nie, maar eerder beskryf as gewone mense met gewone menslike eienskappe. Hierdie boek sal jou wortels in die breedte en rykdom van die Christelike tradisie verdiep.”

~ Willem Nicol

“Deur die verhale van vroue en mans wat deur die eeue na aan God geleef het, oor te vertel, verbreed en verdiep Lisel Joubert haar lesers se perspektief op die onuitputlike rykdom van die Christelike erfenis. Terwyl heiligheid verrassende nuwe, alledaagse gestaltes aanneem, help die boek lesers om ’n taal van hoop en vreugde te vind waarmee ook húlle verhale beskryf kan word. ’n Nugter en ryk geskakeerde bydrae tot geloofsvorming – ek kan nie wag om dit met studente te deel nie!”

~ Elna Mouton, professor in Nuwe Testament en voormalige dekaan, Fakulteit Teologie, US.

Lisel Joubert is ’n teoloog en vryskut­predikant in die NG Kerk. Sy het ’n doktors­graad in Ou Testament verwerf. Haar passie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradisie. Sy is betrokke by teologiese afstandsonderrig, veral in die dissipline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon Gansbaai saam met haar man en twee kinders.

Die oorhandiging van die verskillende pryse vind op Vrydagaand, 29 Mei 2015, in die Gemeentesaal van die Groote Kerk, Kloofstraat, Kaapstad, plaas. Die oorhandiging vorm deel van die Groote Kerk se 350ste verjaarsdagherdenking - die oudste gemeente in die land. Die Sondagoggend se diens sal ook by die pryse aansluit.  

ONTMOETING MET HEILIGES is uitgegee deur NALEDI en is landswyd in boekwinkels asook op e-boek beskikbaar. Dit kan direk bestel word by: http://naledibooks.co.za/books/ontmoeting-met-heiliges/.  

Vir meer inligting oor Ontmoeting met Heiliges kontak Marinda van Naledi by marindameyer@naledibooks.co.za

of 083 236 9788. Die skrywer kan bereik word by:l isel@kingsley.co.za of 082 355 5689

Ontmoeting met Heiliges bekroon

Naledi

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles