Die water is ysig!

Die water is ysig!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Terwyl die seetemperatuur al vir ‘n paar dae 9 grade was is dit te verstane dat vangste nie van die wonderlikste was nie. Tog is heelwat mooi visse gevang. Nodeloos om te meld, die hotties is spekvet. Daar moes omtrent gesoek word om ‘n makriel aan te keer en die dakspykertjies (klein snoekies) is amper te klein om selfs as aas te gebruik. Van hierdie goedjies gepraat, in sulke koue water krimp alles mos tot daar feitlik niks van oor is nie!  Het die snoekies wat redelik oor “size” was nie diesellfde oorgekom nie? Teen die tyd dat die Courant verskyn het die seetemperatuur hopelik gestyg en dit behoort tot beter vangste te lei.

Vir my is April/Mei die oorgangsmaande wanneer die vis ander patrone aanneem. Indien jy vergelyk met vangste in die verlede was daar buitengewoon baie vis soos geelbek gevang. Kabeljou wag net vir die meer onstuimige water om te verkas na dieper water maar behoort reeds by plekke soos die Moddergate rond te dwaal. Daar word ook baie mooi silwervis gevang (ook bietjie vroeg in die jaar), so maak gereed vir dinge wat gaan opwarm. Die enkele stokvis wat so twee weke terug naby die Eiland opgetel is is ook insiggewend. Wanneer laas het hulle hul opwagting gemaak?

Die Birkenhead-bootklub se kompetisie het goeie resultate gelewer en daar is geen rede om te kla nie, heelwat vis is ingeweeg.

 Mens moet natuurlik die weer bestudeer en jou daarvolgens instel. Sodra daardie halwe stormwinde kom moet jy jou maar gereedmaak om tot aksie oor te gaan. Intussen bly dit een van die aangenaamste dinge om jou dag rustig op see deur te bring. En die element van verrassing is altyd daar. Van die dierasies dwaal ook maar rond waar hulle wil en wanneer hulle so voel en voel blykbaar vere oor die toestand van die weer. So die kans is altyd daar, gebruik dit!

Dit lyk asof die bankvis na aan die kant hou en indien jy tevrede is met hotties  is dit onnodig om ekstra brandstof te bestee. Vir roman kan so effens dieper gesoek word.

Groete, Seemeeu

Die water is ysig!

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles