Rolbal nuus (16 April 2015)

Rolbal nuus (16 April 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op Dinsdag 7 April 201, het Franskraal rolbalklub sy jaarlikse Warric geslote toernooi aangebied.  Hierdie toernooi word jaarliks deur die Warric beleggings groep geborg.  Twaalf spanne van Franskraal rolbalklub het deelgeneem en hul bes probeer om aan die einde van die dag met die louere weg te stap. 

Drie wedstryde, met die eerste wat op 'n gelote basis gespeel is, is afgehandel.  Die volgende twee wedstryde is op 'n sterk teen sterk basis beslis.  Intense kompetisie is tussen al die spanne waargeneem, met geen span wat bes wou gee teen sy direkte opponent nie.  In die proses is rolbal van baie hoë gehalte gespeel.  Met die aanbreek van die derde wedstryd, oor vyftien koppe, was die spanning voelbaar aangesien dit die wedstryd was wat die wenner van die dag sou bepaal.  Elke speler het dus sy bes probeer om nie sy spanmaats in die steek te laat nie.

Die wenners van die kompetisie was dan ook die span van Ivan Giles (skipper), Kim Breach (2de) en Sue Yorwood (1ste).  Tweede was die span van Marius de Wit en derde die span van Anne van Niekerk.  Baie geluk aan elkeen van bogenoemde spanne.  

Kompetisies van hierdie aard kan nie sonder die ondersteuning van borge plaasvind nie.  Daarom rig ons 'n woord van hartlike dank aan Warric wat die afgelope aantal jare een van ons getroue ondersteuners is.  Baie dankie aan hul verteenwoordiger, Brian Yorwood en sy vrou Sue, wat ons met hul teenwoordigheid vereer het en ook vir hul deelname aan die wedstryde.  Dit word baie hoog op prys gestel.

Geen kompetisie kan sonder harde werk van ons klublede aangebied word nie.  Aan elkeen van julle wat bereid was om hand op te steek en te help met die vooraf voorbereiding, my hartlike dank vir julle onbaatsugtige diens aan ons klub.  Dit word baie hoog op prys gestel.  Dan ook 'n woord van hartlike dank aan Analene, Susetta en Mattie wat weer vir ons bederf het met die heerlikste eetgoed tydens tee en middagete.  Julle is besig om ons te bederf.  Baie dankie nogmaals.  Julle ywer en diens aan die klub word baie hoog op prys gestel.

Rolbal groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Rolbal nuus (16 April 2015)

Philip Malherbe

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles