Rolbal nuus (16 April 2015)

Rolbal nuus (16 April 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op Dinsdag 7 April 201, het Franskraal rolbalklub sy jaarlikse Warric geslote toernooi aangebied.  Hierdie toernooi word jaarliks deur die Warric beleggings groep geborg.  Twaalf spanne van Franskraal rolbalklub het deelgeneem en hul bes probeer om aan die einde van die dag met die louere weg te stap. 

Drie wedstryde, met die eerste wat op 'n gelote basis gespeel is, is afgehandel.  Die volgende twee wedstryde is op 'n sterk teen sterk basis beslis.  Intense kompetisie is tussen al die spanne waargeneem, met geen span wat bes wou gee teen sy direkte opponent nie.  In die proses is rolbal van baie hoë gehalte gespeel.  Met die aanbreek van die derde wedstryd, oor vyftien koppe, was die spanning voelbaar aangesien dit die wedstryd was wat die wenner van die dag sou bepaal.  Elke speler het dus sy bes probeer om nie sy spanmaats in die steek te laat nie.

Die wenners van die kompetisie was dan ook die span van Ivan Giles (skipper), Kim Breach (2de) en Sue Yorwood (1ste).  Tweede was die span van Marius de Wit en derde die span van Anne van Niekerk.  Baie geluk aan elkeen van bogenoemde spanne.  

Kompetisies van hierdie aard kan nie sonder die ondersteuning van borge plaasvind nie.  Daarom rig ons 'n woord van hartlike dank aan Warric wat die afgelope aantal jare een van ons getroue ondersteuners is.  Baie dankie aan hul verteenwoordiger, Brian Yorwood en sy vrou Sue, wat ons met hul teenwoordigheid vereer het en ook vir hul deelname aan die wedstryde.  Dit word baie hoog op prys gestel.

Geen kompetisie kan sonder harde werk van ons klublede aangebied word nie.  Aan elkeen van julle wat bereid was om hand op te steek en te help met die vooraf voorbereiding, my hartlike dank vir julle onbaatsugtige diens aan ons klub.  Dit word baie hoog op prys gestel.  Dan ook 'n woord van hartlike dank aan Analene, Susetta en Mattie wat weer vir ons bederf het met die heerlikste eetgoed tydens tee en middagete.  Julle is besig om ons te bederf.  Baie dankie nogmaals.  Julle ywer en diens aan die klub word baie hoog op prys gestel.

Rolbal groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Rolbal nuus (16 April 2015)

Philip Malherbe

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles