Uiteindelik vir Birkenheaders

Uiteindelik vir Birkenheaders

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die afgelope naweek (11 April 2015) se weersomstandighede het die boothengelaars van die Birkenhead Boothengelklub uiteindelik geleentheid gebied om op hul kompetisiedag vir ‘n slag onder die blinklywe te woel. Dit was die klub se 5de kompetisiedag, waarvan net 3 as kompetisiedae benut kon word.

Gannet Financial Services Cc van Philip & Lorraine Fourie het die kompetisie geborg. ‘n Goeie aantal bote (7) het ingeskryf en ingeweeg, met ‘n totale bemanning van 19 wat deelgeneem het. 6 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 160 met 'n totale massa van 112.5kg, wat ‘n gemiddeld van 5.92kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg:
swaarste vis, Bertus Prins (Rooi stomp - 3.7kg); 2de swaarste vis, André Wagner (Rooi roman - 2.05); swaarste sak (9.7kg), Bertus Prins; 2de swaarste sak (7.7kg), Jean Downing;
swaarste bootgemiddeld (7.7kg), Relêks 2 van Jean Downing; 2de swaarste bootgemiddeld (7.2kg), Bliksem van Thys Fourie;
Dame Swaarste sak (6.7kg), Dixie Walsh;
Junior Swaarste sak (6.5kg), JP Uys.

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is:
Bootkampioene - Relêks 2 van Jean Downing (12.31kg); Oupa van Ben Uys (12.25kg); Nu-Nu van Johan Burmeister (7.93kg).
Mans Visvangkampioene - Jean Downing (17.30kg); Ben Uys (14kg); Danie Fourie (13.20kg).
Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (9.4kg).
Junior Visvangkampioene - JP Uys (14.05kg); Hennie Groenewald (7.75kg).

Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 2 Mei 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige aandfunksie en dans die aand. Kennis kan nou reeds geneem word van die klub se gewilde Moedersdagete op Sondag, 10 Mei 2015.

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.

Hardus Botha

Uiteindelik vir Birkenheaders

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles