Die afgelope naweek (11 April 2015) se weersomstandighede het die boothengelaars van die Birkenhead Boothengelklub uiteindelik geleentheid gebied om op hul kompetisiedag vir ‘n slag onder die blinklywe te woel. Dit was die klub se 5de kompetisiedag, waarvan net 3 as kompetisiedae benut kon word.
Gannet Financial Services Cc van Philip & Lorraine Fourie het die kompetisie geborg. ‘n Goeie aantal bote (7) het ingeskryf en ingeweeg, met ‘n totale bemanning van 19 wat deelgeneem het. 6 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 160 met 'n totale massa van 112.5kg, wat ‘n gemiddeld van 5.92kg per hengelaar beteken.
Volledige uitslae is soos volg:
swaarste vis, Bertus Prins (Rooi stomp - 3.7kg); 2de swaarste vis, André Wagner (Rooi roman - 2.05); swaarste sak (9.7kg), Bertus Prins; 2de swaarste sak (7.7kg), Jean Downing;
swaarste bootgemiddeld (7.7kg), Relêks 2 van Jean Downing; 2de swaarste bootgemiddeld (7.2kg), Bliksem van Thys Fourie;
Dame Swaarste sak (6.7kg), Dixie Walsh;
Junior Swaarste sak (6.5kg), JP Uys.
Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is:
Bootkampioene - Relêks 2 van Jean Downing (12.31kg); Oupa van Ben Uys (12.25kg); Nu-Nu van Johan Burmeister (7.93kg).
Mans Visvangkampioene - Jean Downing (17.30kg); Ben Uys (14kg); Danie Fourie (13.20kg).
Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (9.4kg).
Junior Visvangkampioene - JP Uys (14.05kg); Hennie Groenewald (7.75kg).
Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 2 Mei 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige aandfunksie en dans die aand. Kennis kan nou reeds geneem word van die klub se gewilde Moedersdagete op Sondag, 10 Mei 2015.
Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.
Hardus Botha