Is GOD nog goed as Hy nee se?

Is GOD nog goed as Hy nee se?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word.  Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.” (2 Kor. 12:7-9)

Kan jy ook dieselfde as Paulus hierbo sê? Jy het ’n groot probleem of krisis. Jy bid daaroor en wag. GOD antwoord jou nie. Jy bid weer daaroor en wag hoopvol. Steeds bly GOD stil. Jy gaan terug en smeek vir die derde keer. Maar GOD swyg.  Hoor Hy nie? Wil Hy nie antwoord nie? Of wat?

Toe my dogter vier jaar oud was, is sy wonderbaarlik gespaar om nie in die ongeluk waarin my  eie pa en ma dood is, te sterf nie. Ek was só dankbaar daaroor. Ek het GOD geprys omdat Hy so goed was om ons dogter se lewe te spaar. Die afgelope Sondag het ek oor dieselfde vraag wat hier bo staan gepreek. Terwyl ek besig was met die voorbereiding het dit my soos ’n hamerslag voor die kop getref. Dit was asof GOD my direk vra: “As ek jou dogter nie gespaar het nie, as sy wel gesterf het, sou jy nog steeds gesê het: GOD is goed?

Sou Ek enigsins minder van ’n GOD gewees het as Ek haar Huis toe geroep het? Sou jy My vandag nog steeds geprys het?”

Dit het my baie diep laat nadink oor GOD se genade. Ons sê só maklik GOD is genadig, maar besef ons dat Hy ook genadig is selfs al laat Hy toe dat ons kind sterf in ’n ongeluk of ons geliefdes nie gesond word van kanker nie. Is die antwoord wat Paulus gekry het nie ook vir ons die regte antwoord wanneer ons deur moeilike tye gaan nie? “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Kor. 12:8) Mag ek dit sê? GOD is meer bekommerd oor ons siele as ons liggaam! Jy kan maar vir die res van jou lewe mank loop of siek bly as GOD net seker is jy is gered vir die ewige lewe! In elke geval: Lees jy nou met jou eie oë hierdie artikel en hou die koerant met jou hande vas? Is daar ’n dak oor jou kop en kos op jou tafel? Dan is GOD mos besig om jou nou en elke dag met baie seëninge te oorlaai?

Ja! GOD is goed selfs al bly Hy stil en antwoord nie ons gebed nie. Sy krag is elke dag in ons lewe teenwoordig. Kyk rondom jou. Sien Sy goedheid en genade raak in jou lewe en dié van jou geliefdes.

Kom ons loof en prys GOD omdat Hy altyd goed is!

Is GOD nog goed as Hy nee se?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles