4de Gansbaai foto vir SABC Kalender

4de Gansbaai foto vir SABC Kalender

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die SABC se Pensioenfonds versoek pensioenarisse jaarliks om foto’s vir hulle kalender in te stuur. “Letterlik honderde of dalk veel meer foto’s word deur SABC-pensioenarisse ingestuur, waarvan slegs 12 vir die volgende jaar se kalender gekeur word. Margi Muller van Franskraal is een van die pensioenarisse wat elke jaar ‘n foto vir die volgende jaar instuur.

Sy gebruik Gansbaai Courant (Hardus Botha) se foto’s van aktiwiteite wat sy in Gansbaai reël, aanbied of aan deelneem. Vanjaar was dit die 4de keer wat een van haar ingestuurde foto’s gekeur word en wel vir die 2015-kalender. “Ek is baie verbaas, omdat ek weet hoeveel foto’s jaarliks ingestuur word,” vertel Margi.

Die 2015 foto waarna Margi verwys, wat sy in 2014 ingestuur het, is haar Blompark Lyndanskinders wat op Vrouedag 2014 in die Gemeenskapsaal in Blompark opgetree het en deur Hardus afgeneem is. Die foto is vir die Augustusmaandblad op die kalender gebruik. Sedert 2011 se SABC Pensioenfonds Kalender, is dit vanjaar die 4de keer (2011, 2012, 2014 en nou 2015) wat ‘n foto wat Margi ingestuur het, gekeur is.

Die vorige drie foto’s was dié van 100 Lyndansers se optrede in Uilkraal Pub, ‘n foto van Strand-Veld Voetslaanklub tydens ‘n staptog (Foto: Anita Botha) en ‘n “Hoede-aand” funksie van die Birkenhead Boothengelklub.

“Wat vanjaar se foto wat gekeur is so spesiaal vir my maak, is dat dit nogal vir Augustusmaand in die 2015-kalender opgeneem is - ek en Hardus se verjaardagmaand!” het Margi gesê.

Hardus Botha

4de Gansbaai foto vir SABC Kalender

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles