Die Dans met God

Die Dans met God

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Hierdie tendens is natuurlik wêreldwyd reeds geruime tyd aan die gang. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar, dit is vrydenkers wat met vernuwing dink en praat oor God, godsdiens en spiritualiteit, buite georganiseerde godsdienste om dieper betekenis en sin in hulle lewens te probeer vind. Dit is mense wat ’n nuwe dans wil dans. ’n Nuwe dans met die lewe en met God.

Oor die skrywer:

Abel Pienaar het twee grade in Teologie en ’n doktorsgraad in Filosofie van Godsdiens. Hy was vir meer as tien jaar ’n NG predikant voordat hy bedank het en o.a. Zen Boeddhisme en Taoïsme begin bestudeer het. Abel is tans hoofleraar van Renaissance; ’n vrydenkende spirituele gemeenskap in Pretoria. Hy is ook direkteur van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit, van waar hy saam met ander, spiritualiteit en intergeloof-dialoog bestudeer en propageer. Abel is ook die skrywer en medeskrywer van heelwat filosofiese en teologiese boeke. Abel tree gereeld as spreker by konferensies op en hy is ’n gereelde deelnemer aan openbare debatte op TV en radio. Hy is ook die skrywer van ’n weeklikse blog, genaamd ‘Kop en Hart’, wat in Rapport koerant (www.rapport.co.za) verskyn. Abel is getroud met Zelda en het vier kinders en woon in Pretoria. 

DANS MET GOD is landswyd in boekwinkels beskikbaar en ook as e-boek te koop.

Dit kan direk bestel word by: http://naledibooks.co.za/books/die-dans-met-god/

Die Dans met God

Naledi

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles