Meer as net koop en betaal

Meer as net koop en betaal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Indien nie onbegryplik nie, bly dit tog raaiselagtig  --  die makriel gee pad, miniatuur-snoekies byt skielik en Vrydag verander die storie onverwags. Daar is weer enkel makriele en mooi snoeke word gevang. En net een boot deel hierin! Moet seker maar toegeskryf word aan verskillende skole vis. Die watertemperatuur het darem verbeter. Maandag vang ‘n paar bote weer makriel dat dit hop! 

Beplan jy dalk om ‘n boot aan te skaf? Hou gerus die volgende faktore in gedagte: Ons neem aan jy het navorsing gedoen en sal op die uitkyk wees dat die boot voldoen aan jou vereistes en in die regte prysklas val. Ook die toestand van die boot self sowel as die gereedskap moet in aanmerking geneem word. Die grootte van die motors is ‘n groot faktor. Dit is wys om die skipper van die boot byderhand te hê om die nodige inligting te bekom. Val die boot in jou smaak sal ‘n proeflopie agterna ook verkieslik wees.

Daar is wel iets wat ek van melding wil maak. Is die skipper/eienaar ‘n man wat al die spreekwoordelike sak sout met sy boot opgeeët en sy kwota vis gevang het, kan jy gerus na daardie snymerke op die kant van die boot kyk. Hulle is veroorsaak  deur die lyn wat met die intrek van die vis, in die hout of nylon gesny is. En dis baie jare se werk en plesier. Hoe meer en dieper die snye, hoe meer vis is gevang en daar is baie stories te vertel. Dit sal ‘n ou boot wees en koop jy hierdie boot, gaan ook ‘n gedeelte van die booteienaar deel daarvan wees. In hierdie geval sal die, kom ons noem hom die skipper, al redelik gevorderd in jare wees en die rede vir die verkoop nie omdat hy ‘n ander boot gaan aanskaf nie, maar omdat dit noodgedwonge gedoen word. Let ook op na die naam van die boot  --  baiemaal weerspieel dit iets van die skipper se persoonlikheid.

Terwyl jy om die boot loop en hier en daar kyk en voel sal die skipper iewers agter jou wees met die een hand wat so sleep-sleep op die kant van die boot met ‘n veraf kyk wanneer dit kom by daardie kerfies  --  en jy kan seker wees dat in hierdie kort tyd baie herinneringe voor hom sal opdoem.

Dit is skippers soos hierdie wat gedwing word om te verkoop en die onvermydelike moet aanvaar dat die toekoms baie anders gaan wees. Die geld is in sommige gevalle bysaak  en die verkoop ‘n kwessie wat die hart raak.

Let bietjie op, veral wanneer hy so bietjie afdwaal, en sien daardie nattigheid in sy oog. Dis wanneer die skipper en sy boot amptelik afskeid van mekaar neem. Gun hom bietjie tyd, hy lyk maar so braaf.  Bootkoop beteken meer as net kyk en betaal. Groete, Seemeeu

Meer as net koop en betaal

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles