Meer as net koop en betaal

Meer as net koop en betaal

Gansbaai Courant

Indien nie onbegryplik nie, bly dit tog raaiselagtig  --  die makriel gee pad, miniatuur-snoekies byt skielik en Vrydag verander die storie onverwags. Daar is weer enkel makriele en mooi snoeke word gevang. En net een boot deel hierin! Moet seker maar toegeskryf word aan verskillende skole vis. Die watertemperatuur het darem verbeter. Maandag vang ‘n paar bote weer makriel dat dit hop! 

Beplan jy dalk om ‘n boot aan te skaf? Hou gerus die volgende faktore in gedagte: Ons neem aan jy het navorsing gedoen en sal op die uitkyk wees dat die boot voldoen aan jou vereistes en in die regte prysklas val. Ook die toestand van die boot self sowel as die gereedskap moet in aanmerking geneem word. Die grootte van die motors is ‘n groot faktor. Dit is wys om die skipper van die boot byderhand te hê om die nodige inligting te bekom. Val die boot in jou smaak sal ‘n proeflopie agterna ook verkieslik wees.

Daar is wel iets wat ek van melding wil maak. Is die skipper/eienaar ‘n man wat al die spreekwoordelike sak sout met sy boot opgeeët en sy kwota vis gevang het, kan jy gerus na daardie snymerke op die kant van die boot kyk. Hulle is veroorsaak  deur die lyn wat met die intrek van die vis, in die hout of nylon gesny is. En dis baie jare se werk en plesier. Hoe meer en dieper die snye, hoe meer vis is gevang en daar is baie stories te vertel. Dit sal ‘n ou boot wees en koop jy hierdie boot, gaan ook ‘n gedeelte van die booteienaar deel daarvan wees. In hierdie geval sal die, kom ons noem hom die skipper, al redelik gevorderd in jare wees en die rede vir die verkoop nie omdat hy ‘n ander boot gaan aanskaf nie, maar omdat dit noodgedwonge gedoen word. Let ook op na die naam van die boot  --  baiemaal weerspieel dit iets van die skipper se persoonlikheid.

Terwyl jy om die boot loop en hier en daar kyk en voel sal die skipper iewers agter jou wees met die een hand wat so sleep-sleep op die kant van die boot met ‘n veraf kyk wanneer dit kom by daardie kerfies  --  en jy kan seker wees dat in hierdie kort tyd baie herinneringe voor hom sal opdoem.

Dit is skippers soos hierdie wat gedwing word om te verkoop en die onvermydelike moet aanvaar dat die toekoms baie anders gaan wees. Die geld is in sommige gevalle bysaak  en die verkoop ‘n kwessie wat die hart raak.

Let bietjie op, veral wanneer hy so bietjie afdwaal, en sien daardie nattigheid in sy oog. Dis wanneer die skipper en sy boot amptelik afskeid van mekaar neem. Gun hom bietjie tyd, hy lyk maar so braaf.  Bootkoop beteken meer as net kyk en betaal. Groete, Seemeeu

Meer as net koop en betaal

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles