Groen Vlag vir Okkie Smuts

Groen Vlag vir Okkie Smuts

Gansbaai Courant

“Die Eco-Schools Groen Vlag, ‘n Internasionaal erkende simbool van uitnemendheid, is aan Laerskool Okkie Smuts toegeken as deel van die Eco-Schools-program,” sê Felicity Beukes, Fasiliteerder by Laerskool Okkie Smuts.

“Eco-Schools is ‘n program vir omgewingsbestuur en sertifisering.” Die program is ontwerp om volhoubare ontwikkelingsopvoeding in skole te implementeer om leerders aan te moedig om ‘n aktiewe rol te speel in hoe hul skool tot voordeel van die omgewing gebruik kan word.

Die toekenning word eers ná 5 jaar se volgehoue deelname aan projekte en ander take tot voordeel van die natuur en omgewing verwerf.

Felicity sê die program word geïmplementeer deur 47 afvaardigings in 44 lande regoor die wêreld, met 27,000 skole, 6,000,000 studente, 400,000 onderwysers en 4,000 plaaslike owerhede. Dit is ‘n Internasionale program van die Foundation for Environmental Education (FEE), wat plaaslik deur Whale Coast Conservation (WCC) Nasionaal met WESSA bestuur word.

“Die skool is veral trots op die leerders wat gedurende 2014 deel van die padda moniterings-projek rondom Stanford was, wat deur ABI (Agulhas Biodiversity Initiative) geborg is,” sê Felicity.

“Die leerders het saam met Sheraine van Wyk van WCC en ander gemeenskapslede saans laat en soggens vroeg in die koue water strikke gestel en opnames gemaak.” Die data wat ingesamel is, is daarna op ‘n gerekenariseerde databasis vasgelê wat Nasionaal versprei is.

Sy bedank graag elke leerder en opvoeder wat die afgelope 5 jaar ‘n bydrae tot hierdie toekenning gelewer het opreg, veral opregte dank aan me Naomi Williams wat tot die middel van 2014 die Eco-Klub behartig het. According to Sheraine van Wyk, “The findings of the frog monitoring project were puzzling and interpretation thereof was made with insights given by scientists and engineers. This was relayed to the Overstrand municipality and will be given due consideration in the management of the Willem Appel Dam and the connected wetland areas. Funding is sought to continue the project this year. The focus will shift to determining the movement and breeding ponds of the endangered Western Leopard Toads in the urban space.”

Die gemeenskap kan beslis trots wees op Laerskool Okkie Smuts - die Trotse Okkies!

Hardus Botha

Groen Vlag vir Okkie Smuts

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles