Leonard Batt van Franskraal kan beslis praat van ‘n enorme patat uit sy tuin - 3.6kg - en dan lyk die patat se vorm nog soos ‘n renosterbeeldjie met kop en stertjie en al.
Saam met die patat het Leonard nog 8 patats (13.1kg in totaal) van dieselfde stoel agterna uitgehaal. Sy bakkie se sleutels het verlore geraak en hy gaan grawe daarvoor waar hy die patat uitgehaal het en kry sy sleutels wat uit sy sak moes geval het, plus die res van die patats.
Hardus Botha