KIA se Pienk vir o13s

KIA se Pienk vir o13s

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Pauline Smith, Verkope Bestuurder van KIA Motors in Hermanus het Gansbaai Primêr se skoolhoof, Tommy Volkwyn, sowat 2 jaar gelede gekontak. Sy het haar en haar eggenoot, Sean Smith (Besturende Direkteur), se behoefte uitgespreek om by die skool betrokke te raak.

Teen die einde van 2014 het Pauline die daad by die woord gevoeg en die skool gekontak. Hulle het besluit om die Netbal 1ste span (o/13A) se toerusting te borg. Die borgskap het die volgende behels: 9 x Netbalrokkies, 9 x Sportbaadjies en 9 x Sportsakke. Die kleur van die rokkies is ‘n pragtige donker pienk en met die aantrek daarvan vir die fotosessie, het die dogters sommer pragtig gelyk en behoorlik soos modelle vir die foto poseer.

Hulle opgewondenheid is verhoog deur die feit dat hulle later op dieselfde dag van die oorhandiging (Donderdag, 23 April 2015) teen Laerskool Gansbaai ‘n wedstryd sou speel - trots in hul nuwe uitrustings. Hulle trotsheid het behoorlik geblom omdat hulle die eerste wedstryd in die nuwe sportdrag gespeel het. Ongelukkig het hulle nie gewen nie, maar wel gelyk-op geëindig met 12 elk.

KIA Motors in Hermanus se missie spreek vanself: “To provide vehicle owners and enthusiasts with quality vehicles and related products that will fulfil their wants and needs by always striving to exceed their expectations.”, asook hulle visie: “At KIA Motors Hermanus we work to create a better future every day. We expect and demand the best by always practicing our values.”

Vir goeie diens kan hulle by 028-313-1722 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by kia@kiamotorshermanus.co.za.

Hardus Botha

KIA se Pienk vir o13s

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles