Hoe kan mens vir alles Dankie se

Hoe kan mens vir alles Dankie se

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Wees altyd dankbaar.”  (Kol. 3:15) 

’n Mede-gelowige, en ’n vriend van my, vertel vanoggend tydens ons manne Bybelstudie hoe moeilik dit vir hom was om GOD te bly loof toe sy dogter die afgelope naweek deur ’n krisis gegaan het. Vir baie jare bid hulle as gesin, al hulle vriende en ons as gemeente dat hierdie probleem sal oorgaan, maar dit gebeur nie, dit word eerder erger. Die vraag is nou: Hoe kan ’n mens vir krisisse en siektes, pyn en terugslae, “Dankie!” sê? Hoe kan ’n mens soos Paulus hierbo in Kolossense 3:15 vra, altyd dankbaar wees?

Ja, dit is maklik om GOD te loof as dit goed met jou gaan, as jou bootjie op rustiger waters vaar. Maar die oomblik as die storms losbreek, as die krisis opduik, veral as die krisis rondom jou kinders en hulle welsyn losbars, dan is dit moeilik om te sê: “Dankie Vader, ek loof en prys U vir die siekte (kanker) in my kind se liggaam!”  Is dit moontlik om soos Job, as  sy sewe seuns en drie dogters op een slag sterf en hy boonop al al sy besittings en rykdom verloor te sê: “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die HERE het gegee en die HERE het geneem. Prys die Naam van die HERE.” (Job 1:21)

Hoe het Paulus en Job dit reggekry om in die moeilikste omstandighede nog dankbaar te bly? Hulle het die HERE geken en erken as GOD in beheer! As ons deur die hele boek Job gelees het, sal ons tot die gevolgtrekking kom: Ons moet GOD vertrou, ongeag die omstandighede.  Paulus weet dat GOD se genade genoeg is – selfs al kry ons hoe swaar, of verstaan ons nie ons omstandighede nie. Weet dit en aanvaar dit: “Ons weet dat GOD alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” (Rom 8:28) GOD het ons verseker dat Hy ons nooit sal verlaat of in die steek laat nie. (Heb.13:5)

Ons kan GOD nie in ons eie klein blokkie of skema indruk nie. Hy is groter en magtiger as wat ons ooit kan dink of droom. As ons GOD deur Sy Woord leer ken en verstaan, sal ons in ’n baie besonderse verhouding met Hom te staan kom en leer om Hom in alle omstandighede te vertrou – en dan ook begin om Hom te loof en prys vir elke ding wat in ons lewe gebeur. Probeer om dit te doen. Sê dankie vir elke saak in jou lewe. Hoe moeilik of hoe swaar dit ook al mag wees. Uit jou dankbaarheid kom daardie innerlike vrede waarvan Paulus in dieselfde vers 15 van Kolossense 3 praat: “En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee......Wees altyd dankbaar.” Sê dankie vir alles! GOD is teenwoordig in jou pyn. Hy verstaan. Prys Hom daarvoor!

Hoe kan mens vir alles Dankie se

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles