Fynbos Akademie deur Burgemeester besoek

Fynbos Akademie deur Burgemeester besoek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die personeel en veral die leerders van Fynbos Akademie is nie bietjie trots op die besoek aan hulle deur raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester nie. Raadsdame Botha-Guthrie het die skool op Woensdag, 22 April saam met drie van haar direkteure besoek. 

“Die kinders was só opgewonde en hulle het pragtig gesing tydens die verwelkoming van die groep,” vertel Annelize Zeelie. “Daarna het die groep tyd in elke klaskamer deurgebring en ek wonder of die mense in die Overstrand weet hoe ‘n geweldige hart die burgemeester vir die kinders van ons gemeenskap het.” Sy sê dit is ‘n riem onder die hart dat die groep midde hul besige program tyd afgestaan het om al die pad na die plaasskooltjie te ry.

Dan het Fynbos Akademie ook op Saterdag, 18 April, ‘n gesellige en suksesvolle Boeresportdag aangebied. “Ons sê graag baie dankie aan almal vir hulle wonderlike ondersteuning,” sê Annelize. “Die entoesiasme van die kleingoed en ouers was ongelooflik en die kleingoed het verras met hulle mars en kreet.” Ouers het net so entoesiasties aan die items deelgeneem en daar is heerlik geëet en baie gelag. “Ons gaan beslis weer so maak!”

Fynbos Akademie is sowat 20km vanuit Stanford geleë en is baie afgesonder. Aanvanklik is die skool as ‘n dagsorgsentrum vir plaaswerkers, asook die wyer gemeenskap se kleuters gestig. Intussen het die skool gegroei tot ‘n volwaardige skool met leerders vanaf Gr RR tot by Gr 4. Die skoolhoof is Joanie Smith, met 6 onderwysers en administratiewe personeel wat haar bystaan.

Belangstellendes in die wel en weë van Fynbos Akademie kan gerus ‘n besoek aldaar gaan aflê en vir enige navrae en/of ondersteuning kan Annelize Zeelie by 074-333-4463 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by annelize.zeelie@gmail.com.

Hardus Botha

Fynbos Akademie deur Burgemeester besoek

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles