Fynbos Akademie deur Burgemeester besoek

Fynbos Akademie deur Burgemeester besoek

Gansbaai Courant

Die personeel en veral die leerders van Fynbos Akademie is nie bietjie trots op die besoek aan hulle deur raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester nie. Raadsdame Botha-Guthrie het die skool op Woensdag, 22 April saam met drie van haar direkteure besoek. 

“Die kinders was só opgewonde en hulle het pragtig gesing tydens die verwelkoming van die groep,” vertel Annelize Zeelie. “Daarna het die groep tyd in elke klaskamer deurgebring en ek wonder of die mense in die Overstrand weet hoe ‘n geweldige hart die burgemeester vir die kinders van ons gemeenskap het.” Sy sê dit is ‘n riem onder die hart dat die groep midde hul besige program tyd afgestaan het om al die pad na die plaasskooltjie te ry.

Dan het Fynbos Akademie ook op Saterdag, 18 April, ‘n gesellige en suksesvolle Boeresportdag aangebied. “Ons sê graag baie dankie aan almal vir hulle wonderlike ondersteuning,” sê Annelize. “Die entoesiasme van die kleingoed en ouers was ongelooflik en die kleingoed het verras met hulle mars en kreet.” Ouers het net so entoesiasties aan die items deelgeneem en daar is heerlik geëet en baie gelag. “Ons gaan beslis weer so maak!”

Fynbos Akademie is sowat 20km vanuit Stanford geleë en is baie afgesonder. Aanvanklik is die skool as ‘n dagsorgsentrum vir plaaswerkers, asook die wyer gemeenskap se kleuters gestig. Intussen het die skool gegroei tot ‘n volwaardige skool met leerders vanaf Gr RR tot by Gr 4. Die skoolhoof is Joanie Smith, met 6 onderwysers en administratiewe personeel wat haar bystaan.

Belangstellendes in die wel en weë van Fynbos Akademie kan gerus ‘n besoek aldaar gaan aflê en vir enige navrae en/of ondersteuning kan Annelize Zeelie by 074-333-4463 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by annelize.zeelie@gmail.com.

Hardus Botha

Fynbos Akademie deur Burgemeester besoek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles