Gansbaai VLV Nuus (30 April 2015)

Gansbaai VLV Nuus (30 April 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die konferensie is agter die rug en nou beplan ons vorentoe vir die res van die jaar.

Ons April  Gesondheids-vergadering onder leiding van Betsie Bester en haar gasvrouens was ‘n baie interessante middag  saam met Suster Johanna,  ‘n ou inwoner en een van VLV Gansbaai se  stigterslede. Sy was in  1962 die enigste mediese personeel  wat Gansbaai bedien het. Sy het ons ingelig oor hoe sy mediese dienste toegepas het met die minimum toerusting, en hoe sy moes staatmaak op ou boererate. Daar was verskeie staaltjies wat ons almal aan die lag gehad het. Baie dankie Suster Johannna. Ons het ook vir Suster Dorethea van die Gansbaai Kliniek gehad wat ons kom toespreek het oor die werksaamhede van die Kliniek. Baie dankie aan haar ook, beide van ons gaste het gesorg dat ons ‘n heerlike middag saam kon deurbring.

Daar is ook Konferensie bekers uitgegee aan Marianna Van Rensburg en Ronel de Villiers.

Baie geluk aan Betsie Bester vir haar naaldwerk inskrywing wat 1ste prys  op Konferensie behaal het en wat in Augustus Kongres toe gaan. Betsie is een van ons staatmakerlede, wat aan omtrent al ons kompetisies deelneem. Sy het ook bygedra tot ons punte vir die Konsul trofeë.

Ons 5de Mei  Kuns en Kultuurvergadering onder leiding van Ronel de Villiers is iets om na uit te sien. Daar gaan ‘n demonstrasie wees oor die maak van blomme uit eierhouers. Nie-lede is baie welkom om die vergadering by te woon. Skakel vir Rienie vir meer inligting (028 38 41170).

Op 2 Junie, om 19:00 in die Pretoriussaal,  word ons baie gewilde Internationale aand aangebied, met weer eens uitstekende voorgeregte, hoofgeregte en nageregte van 6 lande. Kom ondersteun ons gerus, R75 pp bespreking noodsaaklik. Esme Van Dewenter kan gekontak word op  (028 3880776). Bespreek vroegtydig, daar is altyd ‘n stormloop vir kaartjies.

Ons rig weereens ‘n uitnodiging aan jonk en oud om deel te word van VLV Gansbaai. Kom kuier gerus een middag by ons en kom geniet die gasvryheid.

VLV Gansbaai Groete

Rienie Lüdick

Gansbaai VLV Nuus (30 April 2015)

Rienie Ludick

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles