Gansbaai VLV Nuus (30 April 2015)

Gansbaai VLV Nuus (30 April 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die konferensie is agter die rug en nou beplan ons vorentoe vir die res van die jaar.

Ons April  Gesondheids-vergadering onder leiding van Betsie Bester en haar gasvrouens was ‘n baie interessante middag  saam met Suster Johanna,  ‘n ou inwoner en een van VLV Gansbaai se  stigterslede. Sy was in  1962 die enigste mediese personeel  wat Gansbaai bedien het. Sy het ons ingelig oor hoe sy mediese dienste toegepas het met die minimum toerusting, en hoe sy moes staatmaak op ou boererate. Daar was verskeie staaltjies wat ons almal aan die lag gehad het. Baie dankie Suster Johannna. Ons het ook vir Suster Dorethea van die Gansbaai Kliniek gehad wat ons kom toespreek het oor die werksaamhede van die Kliniek. Baie dankie aan haar ook, beide van ons gaste het gesorg dat ons ‘n heerlike middag saam kon deurbring.

Daar is ook Konferensie bekers uitgegee aan Marianna Van Rensburg en Ronel de Villiers.

Baie geluk aan Betsie Bester vir haar naaldwerk inskrywing wat 1ste prys  op Konferensie behaal het en wat in Augustus Kongres toe gaan. Betsie is een van ons staatmakerlede, wat aan omtrent al ons kompetisies deelneem. Sy het ook bygedra tot ons punte vir die Konsul trofeë.

Ons 5de Mei  Kuns en Kultuurvergadering onder leiding van Ronel de Villiers is iets om na uit te sien. Daar gaan ‘n demonstrasie wees oor die maak van blomme uit eierhouers. Nie-lede is baie welkom om die vergadering by te woon. Skakel vir Rienie vir meer inligting (028 38 41170).

Op 2 Junie, om 19:00 in die Pretoriussaal,  word ons baie gewilde Internationale aand aangebied, met weer eens uitstekende voorgeregte, hoofgeregte en nageregte van 6 lande. Kom ondersteun ons gerus, R75 pp bespreking noodsaaklik. Esme Van Dewenter kan gekontak word op  (028 3880776). Bespreek vroegtydig, daar is altyd ‘n stormloop vir kaartjies.

Ons rig weereens ‘n uitnodiging aan jonk en oud om deel te word van VLV Gansbaai. Kom kuier gerus een middag by ons en kom geniet die gasvryheid.

VLV Gansbaai Groete

Rienie Lüdick

Gansbaai VLV Nuus (30 April 2015)

Rienie Ludick

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles