DA Projek Winterwarmte

DA Projek Winterwarmte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Gansbaai se hart klop warm vir die DA se ‘Winterwarmte’-projek,” vertel rdl Riana de Coning. “Die vlytige vingers en warm harte van die dames van Gansbaai het alle verwagtinge oortref.” Riana sê die projek is nou baie goed op dreef en dit is verstommend hoe die liefde vir hul medemens uit die gemeenskap vloei.

“Ek het selfs oproepe vanaf Pearly Beach, waar daar ook vlytig gebrei word, ontvang.” Sy sê sommige dames was ook bekommerd dat hulle net die kleuterkoppies en handjies gaan warm maak, maar wat van die lyfies? Daarom het hulle weggeval en ook truie begin brei. “Op die stadium is daar reeds 76 pragtige truitjies  gebrei.” Hulle kort nog sowat 40 mussies en handskoene om aan hulle belofte aan die 3 geïdentifiseerde skole te kan voldoen, maar het gelukkig ook ‘n skenking van 44 mussies (sonder handskoene) ontvang. As gevolg daarvan kan hulle aan nog bykomende skole mussies oorhandig.

“Die projek loop op 2 Junie vanjaar ten einde wanneer die mussies, handskoene en truie oorhandig gaan word,” sê Riana. “Ek wil graag ‘n uitnodiging aan alle breiers rig om my te kontak indien hulle sou belangstel om my op 2 Junie met die uitdeel aan die kleuters te vergesel.” Sy sê die blydskap op vele kindergesiggies sal ‘n groot beloning vir die vele breiwerk wees. “Baie dankie aan almal wat tot dusver so entoesiasties aan die brei was en steeds is, maar dit is nog nie te laat vir ander om ook in te spring en die naalde te laat klap nie,” het sy gesê. Alle klaar gebreide artikels en/of wol kan by Pins and Needles verkry of afgegee word, met groot waardering vir hulle ondersteuning van die projek.

Vir navrae kan Riana de Coning by 028-388-0788 of 083-597-2781gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by rdc@axxess.co.za.

 Hardus Botha

DA Projek Winterwarmte

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles