Rooigety

Rooigety

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die afgelope paar dae lê daar voor  Joubert se Dam en omgewing iets wat soos rooigety lyk en dit voorspel niks goeds nie. Ten spyte hiervan is daar steeds ‘n klompie makriel en ook ‘n paar skaflike snoekies gevang. By Holbaai dwaal nog baie jong kabeljoutjies rond en meeste van hulle is natuurlik nie “size” nie.

Die Droom …….. Mens skrik maar wanneer die telefoon om vieruur die oggend lui. Vir ‘n oomblik is ek deur die mis maar besef feitlik dadelik dat dit Jan (my skipper) is wat bel om seker te maak dat ek betyds gereed gaan wees. Dit gee my so ‘n halfuur, dan is die hele “crew” by die boot om te help met die voorbereiding. Daar is nie ‘n teken van wind nie en ek probeer so min as moontlik geraas maak met my tjorrie. Dis heel eienaardig so vroeg in die oggend met geen siel in sig nie. Voel so half onwerklik.

Toe ek op die gras voor Jan se huis stop vind ek dit baie snaaks dat niemand nog opgedaag het nie  --  gewoonlik is Fanie eerste daar. Die skipper van ons het ‘n vaste roetine oor wie hy wanneer bel, daarom daag Fanie eerste op, gevolg deur myself, dan Charlie. Dan kom Jan te voorskyn en begin die ritueel van voorbereiding vir die see toe gaan. Indien George saamgaan, is dit nou sy aankomtyd. Eers ‘n rukkie daarna sal Boetie opdaag (hy is omtrent al een wat rustiger as Jan is).  Soms moet Maans by sy huis opgelaai word. In elk geval het ek gedink, vanoggend is daar ‘n haas dood  --  ek’s dan eerste hier!

In die donkerte gewaar ek vir Fanie. Verkeerd, dis dan Boetie! Hy lyk ietwat verbaas, maar sê niks. Ons begin raakvat. Iets weet ek is verkeerd, maar wat? Jan kom uit die donkerte nader en na die groetery begin hy ook hand bysit. Verbeel ek my of lyk hy bietjie uit die veld geslaan? Nee kyk, nou moet ek vra  --  “Waar’s Fanie dan vanoggend, Jan?” Jan sê hy het hom gebel en weet nie hoekom hy nog nie opgedaag het nie. Dis toe dat Boetie aanbied om hom te gaan haal. Net toe hy wegtrek kom Charlie daar aan en begin sommer dadelik help. “Charlie”, vra ek “hoe daag jy dan na Boetie op?” “Nee man” antwoord Charlie my, “ek verstaan nie die ding nie. Toe ek sien jy en Boetie is reeds hier het ek gedink ek droom.”

Teen hierdie tyd is ons al goed aan die gang en dis toe dat Jan opmerk dat hy nou begin twyfel of hy wel vir Fanie gebel het   --  het hy dit nie dalk gedroom nie?

George is die volgende wat gesig wys, en sy eerste woorde? “Droom ek dalk, kêrels, waar’s Fanie dan?” Onderlinge kyke in die halfskemer  --  watse gedromery is dit? Laat my dink  --  droom ék nie dalk nie?

Ons het intussen die aas gelaai, die sleepwa gehaak, die “tackle” is op die boot geplaas, alles in die regte laaitjies, die ligte nagegaan en selfs die “prop” van die boot (gewoonlik Fanie se “job”) is in posisie. Uiteindelik daag Boetie met die verlore Fanie daar op en einde ten laaste is ons tog op pad see toe.

Dis met die gesels op die boot dat die volgende stukkie bykom  --   Fanie: “Ek word wakker van die geklop aan die deur en dis Boetie wat wil weet of ek dan nie saamgaan see toe nie. Ek sê vir hom dat Jan my nie gebel het nie. Boetie sê, maar Jan hét! Ek sê nee. My vrou skree van binne af, ja man, miskien het jy weer aan die slaap geval! Ek sê, nee magtag, dink jy ek droom?”

Boetie: “Jy weet, toe ek in die donker voor jou toe deur staan, het ek gewonder, droom ék nie dalk nie?” Dit net alles oor die skipper nie lekker wakker was nie. Wat ‘n nagmerrie!

Groete, Seemeeu

Rooigety

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles