Overberg Kushengelklub nuus

Overberg Kushengelklub nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die oes was maar skraal, maar een hengelaar is gelukkig met ‘n prag-kabeljou van 5.86kg beloon,” vertel Elba Tredoux van die Overberg Kushengelklub.

Sy sê ‘n ysige westewindjie het die hengelaars vroeg Saterdag begroet, na die heerlike soel vooraf dae. “Die algemene klagte van die hengelaars is dat die see nou te koud is, wat verlede Saterdag ook die geval was.                                          

Morné Olivier, een van die klub se tophengelaars, kon gelukkig breëbors met sy 5.86kg kabeljou, wenvis vir die dag, vir ‘n foto poseer. “Die dag sal nie ‘n sukses wees sonder die Klub se getroue borge nie, daarom ‘n groot dankie weer eens aan Buitesteen en Fish Fewer vir hul geskenkbewyse,” sê Elba. “Die yl oes van die dag het egter nie die hengelaars se gees gedemp nie en daar is lekker saamgekuier, met die naelskraap oorwinning van die Stormers wat ook gehelp het om die swak hengeldag op te kikker.”

Vir algemene navrae kan Elba Tredoux by 082-351-2304 of 028-388-0092 gekontak word. Vir hengelnavrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Overberg Kushengelklub nuus

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles