Wonderlike Wengeleenthede vir Sparkliente

Wonderlike Wengeleenthede vir Sparkliente

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir die volgende 5 weke kan kliënte “groot” wen wanneer hulle by Spar-winkels in die Overberg kruideniersware koop. SPAR se “Win-a-Car” kompetisie het reeds begin! Een honderd Hyundai i10 Glides, 'n spesiale motor wat vir hierdie kompetisie vir die SPAR groep vervaardig is, kan gewen word.

Bo en behalwe die landswye kompetisie, kan kliënte wat by Kleinmond Superspar, Eastcliff Kwikspar, Gansbaai Superspar en Bredasdorp Superspar aankope doen, 'n addisionele kans kry om nog 'n motor te wen. Bern, Morkel en De Wet van Niekerk, Gerhard le Roux en Jan van Litzenburgh, eienaars van hierdie groep winkels, het 'n addisionele motor vir hulle lojale kliënte aangekoop. Daar sal 'n trekking gedoen word om die wenner te bepaal.

'n Kliënt wat die afgelope weke by die Eastcliff Kwikspar kruideniersaankope gedoen het, het die eerste kliënt geword wat een van hierdie spesiale motors gewen het.

Die eienaars nooi al hulle kliënte uit om die wen-opsie te kies en by die bogenoemde SPAR winkels hulle kruideniers aankope te kom doen. “Jy weet nooit wanneer JY die wenner sal wees nie”.

Wat JY moet doen om 'n moontlike wenner te word:

Koop ten minste een van die kwalifiserende produkte in die Spar winkels.

Skryf jou naam, adres en kontak telefoonnommer op jou strokie.

Plaas jou strokie in die kompetisie boks in die winkel.

Elke week word daar, per winkel, 'n wenner getrek uit die vorige week se inskrywings. Die wenner wen dan die waarde van die aankope op die strokie wat getrek is. Hierdie wenner gaan deur vir die weeklikse trekking vir een van die 100 Hyundai i10’s Glides, wat landswyd te wen is.

Addisioneel tot bogenoemde, word al die weeklikse wenners van Kleinmond Superspar, Eastcliff Kwikspar, Gansbaai Superspar en Bredasdorp Superspar, in ‘n gesamentlike “trekkings-poel” gegooi vir die finale trekking van hierdie groep winkels se eie Hyundai i10 Glide

Jy kan soveel keer inskryf vir hierdie kompetisie soos jy wil!

Verdere navrae beskikbaar by bogenoemde 4 SPAR winkels.

Wonderlike Wengeleenthede vir Sparkliente

Bestuur

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles