Wonderlike Wengeleenthede vir Sparkliente

Wonderlike Wengeleenthede vir Sparkliente

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir die volgende 5 weke kan kliënte “groot” wen wanneer hulle by Spar-winkels in die Overberg kruideniersware koop. SPAR se “Win-a-Car” kompetisie het reeds begin! Een honderd Hyundai i10 Glides, 'n spesiale motor wat vir hierdie kompetisie vir die SPAR groep vervaardig is, kan gewen word.

Bo en behalwe die landswye kompetisie, kan kliënte wat by Kleinmond Superspar, Eastcliff Kwikspar, Gansbaai Superspar en Bredasdorp Superspar aankope doen, 'n addisionele kans kry om nog 'n motor te wen. Bern, Morkel en De Wet van Niekerk, Gerhard le Roux en Jan van Litzenburgh, eienaars van hierdie groep winkels, het 'n addisionele motor vir hulle lojale kliënte aangekoop. Daar sal 'n trekking gedoen word om die wenner te bepaal.

'n Kliënt wat die afgelope weke by die Eastcliff Kwikspar kruideniersaankope gedoen het, het die eerste kliënt geword wat een van hierdie spesiale motors gewen het.

Die eienaars nooi al hulle kliënte uit om die wen-opsie te kies en by die bogenoemde SPAR winkels hulle kruideniers aankope te kom doen. “Jy weet nooit wanneer JY die wenner sal wees nie”.

Wat JY moet doen om 'n moontlike wenner te word:

Koop ten minste een van die kwalifiserende produkte in die Spar winkels.

Skryf jou naam, adres en kontak telefoonnommer op jou strokie.

Plaas jou strokie in die kompetisie boks in die winkel.

Elke week word daar, per winkel, 'n wenner getrek uit die vorige week se inskrywings. Die wenner wen dan die waarde van die aankope op die strokie wat getrek is. Hierdie wenner gaan deur vir die weeklikse trekking vir een van die 100 Hyundai i10’s Glides, wat landswyd te wen is.

Addisioneel tot bogenoemde, word al die weeklikse wenners van Kleinmond Superspar, Eastcliff Kwikspar, Gansbaai Superspar en Bredasdorp Superspar, in ‘n gesamentlike “trekkings-poel” gegooi vir die finale trekking van hierdie groep winkels se eie Hyundai i10 Glide. 

Jy kan soveel keer inskryf vir hierdie kompetisie soos jy wil!

Verdere navrae beskikbaar by bogenoemde 4 SPAR winkels.

Wonderlike Wengeleenthede vir Sparkliente

Bestuur

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles