Toerisme vier Fees

Toerisme vier Fees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met drie Goue Toekennings, asook ‘n Algehele Goue Toekenning (Gansbaai Courant, Donderdag, 23 April 2015) kon Gansbaai Toerisme nie anders as om ‘n gesellige feesaand vir lede en enkele gaste te reël nie.

Die Goue Wenners was Gansbaai vir “Best Destination for Responsible Tourism”, Grootbos Foundation vir “Best for Poverty Reduction” en Marine Dynamics vir “Best for Wildlife Conservation”.  

Met drie Goue Toekennings, asook ‘n Algehele Goue Toekenning (Gansbaai Courant, Donderdag, 23 April 2015) kon Gansbaai Toerisme nie anders as om ‘n gesellige feesaand vir lede en enkele gaste te reël nie.

Die Goue Wenners was Gansbaai vir “Best Destination for Responsible Tourism”, Grootbos Foundation vir “Best for Poverty Reduction” en Marine Dynamics vir “Best for Wildlife Conservation”.

Gansbaai is daarna aangewys as die Algehele Wenner en is dus nou een van die finaliste vir die World Responsible Tourism Awards wat gedurende November vanjaar in die Wêreld Handelsentrum in London sal plaasvind.

Die feestelike geleentheid is by Gansbaai Toerisme aangebied, met Glenda Kitley, Bestuurder, wat die verwelkoming behartig het. Die voorsitter van die Toerismeburo, Brenda du Toit, het agtergrondinligting oor die groot gebeurtenis verskaf.

Sy het ook haar waardering uitgespreek teenoor die drie aanbevelingsbriewe wat by haar eie voorlegging aangeheg was, naamlik Francois Myburgh (Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie), dr Anina Lee (Whale Coast Conservation) en Emilie Hagedoorn (Sales Manager Fair Trade in Tourism). Daarna het sy een van die 13 beoordelaars, Heidi van der Watt aan die woord gestel het. Heidi is van Better Tourism Africa en is ook die organiseerder van African Responsible Tourism. Etlike eregaste, waarvan sommiges ook as gassprekers opgetree het, was teenwoordig.

Al die gassprekers het op gelukwensing gefokus en ook klem daarop geplaas dat Verantwoordelike Toerisme nie as ‘n spesifieke fokuspunt beskou word nie, maar eerder as deel van hul daaglikse werk wat gedoen word en waarop voortdurend verbeter moet word. Caron Lee (Bemarking) het die bedankings waargeneem. Voor die aanvang van die geselligheid, het mnr Myburgh ‘n heildronk op die prestasies van die wenners ingestel. Daarna is daar net op gesellige samesyn en saamkuier gefokus, met smaaklike versnapperinge wat deur Gansbaai Toerisme gereël is.

 Hardus Botha

Toerisme vier Fees

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles