Elim Tehuis Uitreikprogram

Graag wil ons as Gansbaai Outreach personeel almal hartlik bedank vir u getroue ondersteuning en bydraes gelewer aan ons projek, vanaf ons ons intrek geneem het in Kerkstraat 49, Gansbaai.

Elke bydrae word opreg waardeer. Elkeen van u is spesiaal vir ons. Ons wil nie persone uitsonder nie, maar ons wil graag opreg dankie sê aan Sonja Van Straten en al die Tannies onder haar leiding, wat sorg dat al ons kinders elke dag ‘n heerlike maaltyd ontvang. Mag die Here u almal ryklik seën.

Graag deel ons u mee indien u enige bydraes/skenkings wil maak,  u asseblief met Sonja Van Straten kontak moet maak by 082-852-8644.

Ons vertrou dat ons in die toekoms op u samewerking kan staatmaak, en dat u altyd ons gestremde kinders sal ondersteun.

Joanne Swart

Gansbaai Elim Tehuis Uitreikprogram_1