Oupa Callie Lotz trots op kleinkinders

Oupa Callie Lotz trots op kleinkinders

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Callie Lotz van Perlemoenbaai vertel van ‘n nagmerrie-ondervinding wat sy kleinkinders in Centurion, Pretoria oorgekom het. Die drie is Leo (10), Vince (6) en Juliette (2) en hulle ouers is Tinus en Janine Lotz.

Die kinders was tuis saam met die gesin se kinderoppasser, Veronica Hlopulusa toe Vince honger raak en kombuis toe gaan vir iets om te eet. Daar loop hy hom toe vas in ‘n onbekende man en begin dadelik om hulp roep. Veronica het paniekbevange die huis ingestorm en die man gesien. Sy het Vince gegryp, verby die man gehardloop en nadat sy Juliette ook gegryp het, by die huis uitgehardloop. Intussen het Leo homself in sy kamer toegesluit. In die tuin het Veronica besef Leo is nog in sy kamer en vir hom geskree om te probeer uitkom. Leo het vinnig gedink en die kamervenster oopgeskop en uitgespring, maar nie sonder dat sy been ernstig beseer is met ‘n deel van die spiere wat uitgeskeur is.

Veronica en die drie kinders het oor die heining gespring, vanwaar sy Janine geskakel het. Die foon het uitgesny en ‘n angsbevange Janine het huis toe gejaag, terwyl sy die Gemeenskaps Polisiëringsforum (GPF) geskakel het om te gaan kyk wat is aan die gang. Dit was toe twee mans wat probeer inbreek het, maar met die GPF-manne en die sekuriteitsfirmas se aankoms het hulle op die vlug geslaan. Leo is hospitaal toe geneem waar hy steke moes kry vir die wond aan sy been. Janine vertel dat die GPF van Centurion ‘n Sertifikaat van Braafheid aan Veronica en elke kind oorhandig het. “Hierdie mooi gebaar het my twee seuns se gemoedere goed gedoen en veral toe die gebeure as ‘n artikel in die Centurion Rekord geplaas is, het hulle baie braaf gevoel en die groot skrik het effens verdwyn,” vertel Janine. 

Hardus Botha

Oupa Callie Lotz trots op kleinkinders

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles