Christene is almal saam op GOD se Broeder-skip (Fellowship)

Christene is almal saam op GOD se Broeder-skip (Fellowship)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“En mag GOD, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê.  Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan GOD, die Vader van ons HERE Jesus Christus. Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van GOD.” (Rom. 15:5-7)

Het jy gelees wat skryf Paulus hierbo in Romeine 15:5-7? GOD wil hê dat Sy kinders almal met mekaar in vrede sal leef en eensgesind sal wees soos wat Jesus van Sy dissipels gevra het. “Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle lief het, moet julle mekaar ook liefhê.  As julle mekaar lief het, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” (Joh 13:34,35)  GOD het ons uit die see waar ons besig was om te verdrink, gered, en op Sy skip geplaas waar ons met mekaar moet saamleef en saamwerk. (Noem dit die Broeder-skip”, of “Fellow-ship”)  Ons het almal ’n taak op hierdie skip. Dis nie ’n luukse plesierboot nie maar ’n oorlogskip.

Party van ons gaan voort om mense uit die see te red en ander maak kos vir die bemanning. Ander skrop die dek en maak skoon terwyl sommige besig is om die bemanning op te lei. Ander beveg die vyand deur die die kanonne van gebed en aanbidding te beman. Elkeen het ’n taak soos wat GOD van hom of haar vra. Weet jy al wat is jou werk op GOD se skip? GOD weet dat mense verskil en elkeen hulle eie geaardheid het. Nogtans het Hy ons saamgebring sodat ons almal by die skip se eindbestemming kan uitkom. Daar is net één Kaptein – en dit is GOD die Vader! Hy het ons elkeen persoonlik geroep tot diens en om mekaar te aanvaar.  Die rustigheid en sukses waarmee hierdie skip vorentoe vaar is egter afhanklik van hoe ons as bemanning met mekaar oor die weg kom. Dit help nie ons kyk snaaks na ander wat anders as ons lyk of optree nie. As jy meer ernstig is en hou van dissipline op die skip moet jy nie diegene verkwalik wat graag sing en dans terwyl hulle werk nie! As ’n groepie daarvan hou om te kniel as hulle bid, sal jy hulle by die boeg (“Bow”)  van die skip kry. Die wat van kook en bak hou – by die bakboord! As jy daarvan hou om te bestuur – gaan na die stuurboord! Vir almal is daar plek – en moenie in opstand kom omdat jy nie van wyn hou nie – diegene by die “port side” (bakboord) gebruik wyn saam met nagmaal! Party van ons hou van die “gevoel” wat jy kry as jy die wind en son op jou gesig voel – terwyl ander eerder die dik boeke in hulle kajuite lees met al die leerstellings! Party praat met die Kaptein in ’n persoonlik taal – wat ander weer nie verstaan nie. Tog is daar vir ons almal plek op GOD se  Broeder-skip!

Neem jou plek in op die skip en doen die werk met ywer wat GOD aan jou gegee het. Aanvaar die ander bemanning – hulle salueer ook dieselfde Kaptein as jy!

Christene is almal saam op GOD se Broeder-skip (Fellowship)

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles