omGee Puren Bediening vier 1ste Verjaardag

omGee Puren Bediening vier 1ste Verjaardag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die afgelope naweek het o.m.G.e.e Puren Bediening op  Pearly Beach met groot dankbaarheid hulle eerste verjaardag gevier.

Van ’n entoesiastiese begin in Mei 2014 het die Bediening wat soos wat o.m.G.e.e voor staan: Ons Moet GOD Erken en Eer, beslis aan die verwagtinge voldoen om die Woord van GOD lewendig en kragtig aan Christene oor te dra. Ons wil regtig vir mekaar OMGEE en daarom is die gees van liefde en hartlikheid wat tydens elke erediens en byeenkoms deurkom ’n wonderlike getuienis van GOD se liefde vir almal.

Op Saterdag 2 Mei is daar by die saal wat deur Jan en Nelia Koekemoer gratis aan ons beskikbaar gestel word lekker saam gekuier en liedere tot eer van die Koning gesing. ’n Heerlike maaltyd het die aand afgerond. Op Sondag 3 Mei om 11:00 het Ds. Deon Kloppers die 50ste erediens gelei waar die tema van genade wat ook die tema van die hele jaar is, sterk deurgekom het met die boodskap: “As Jesus se dissipels moet ons mekaar liefhê en aanvaar sodat die mense GOD al meer sal raaksien in ons lewe.” (Romeine 15:7) Die voorbeeld is gebruik van Christene wat almal saam op GOD se Broeder-skip (Fellow-ship) vaar op pad na die ewige eindbestemming toe. Elkeen van ons het ’n taak om op die Broeder-skip te verrig en tot eer van die Kaptein (GOD die Vader) te werk. Party red gedurig mense uit die see uit wat verdrink en ander maak vir hulle kos. Sommige is besig om die kanonne van gebed en aanbidding te beman terwyl ander weer besig is om die bemanning op te lei. GOD se genade het ons almal Sy skip gelaai en met liefde teenoor mekaar moet ons ons dankbaarheid betoon.

Na die nagmaal  is daar op  die nou-al-kenmerkende-manier aangesit vir ’n  middagete waar daar heerlik gekuier is. Ons wil regtig baie dankie  sê dat die Hemelse Vader ons so ryklik seën met ’n groep Christene wat onbaatsugtig mekaar dien en dra. Ons GEE regtig vir MEKAAR OM! Iemand het eenkeer gesê: “Ons onthou altyd wat  tydens die erediens gesê is, maar ons vergeet nooit hoe ons gevoel het nie!”

o.m.G.e.e Puren Bediening sal uit sy pad  gaan om GOD se liefde aan ieder en elk oor te dra, - dit  gaan immers oor Sy eer alleen!

“To live above with those we love – oh, how that will be glory!; To live below with those we know  - now that’s  another story!”

omGee Puren Bediening vier 1ste Verjaardag

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles