Bietoubossers plant vir n vale

Bietoubossers plant vir n vale

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Op 10 Maart was dit die ene bedrywigheid by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes - Die Bietoubosklub se Omgeeprojek vir 2015 het werklikheid geword,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. Sy sê Aletta Lochner en haar span het vroeër vanjaar al begin om voorbereidings te tref sodat die tuin by die Tehuis opgradeeer kan word. 

Die grond is vooraf voorberei en van die lede het reeds steggies gebring wat geplant kon word. Alles is gedoen met die hulp van Thando wat gate gegrawe het vir nuwe plante en by dié byeenkoms het elke teegroep die geleentheid gekry om hul plante te plant. Elizma sê sy het gehoor daar was van die inwoners wat net so opgewonde gehelp het om van die eerste plante in die grond te kry.

“Ongelukkig was daar nie genoeg spasie om almal saam te laat tee drink nie, maar die inwoners kon ook hul tee geniet met ‘n spesiale eetdingetjie wat spesiaal deur Aletta Lochner en Marie de Jager voorsien is, met hulle wat ook die byeenkoms gereël het. “Waar Aletta is, word daar gesing - eers het Aletta se koor opgetree en daarna kon al die besoekers lustig saamsing, met kitaarbegeleiding deur Chris van Zyl,” vertel Elizma, “en die sangtema was natuurlik liedjies oor blomme.”

Die oggend se teegeld was ten bate van die kompos en plante wat nog aangekoop moes word, met die Bietoubossers wat nie oor dié oggend se ekstra belading omgegee het nie. Na die teedrinkery is almal na buite en is daar met die “plant van die jaar” begin. Rentia van Jaarsveld en Marlene van Rooyen het ‘n spesiale tuinhoekie voor by die ingang gemaak. “Met die eerste resultate kan ‘n mens reeds sien dat die tuin nog baie plesier vir die inwoners van Herberg-aan-See gaan bring.” Foto’s is deur Elizma de Lange geneem.

Belangstellende dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 skakel, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.

Hardus Botha

Bietoubossers plant vir n vale

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles