Wanneer om anker te gooi

Wanneer om anker te gooi

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die water is die eendag mooi en die volgende is die see weer ontoeganklik vir ‘n boot, nogtans is daar die naweek makriel, hotties, kolsterte en selfs ‘n mooi geelbek  gevang. Met die warmer seetemperatuur en seewinde aan die kom, wie weet…?

‘n Hardebaard het eendag aan my gesê dat boothengelaars deesdae die GPS so gebruik dat dit hulle vangste negatief beinvloed. Sy mening was dat die manne slegs gaan na plekke wat “geplot” is en glad nie meer op ander plekke probeer vang nie. En natuurlik ook daar anker gooi. Dit gaan vandag juis oor wanneer die anker gebruik moet word, en in sommige gevalle, hoe.

Een manier om die net ‘n bietjie wyer te span is om, wanneer jy op pad is na ‘n plek wat op die GPS aangedui is, so entjie duskant, stadiger te vorder en die visvinder dop te hou in geval jy ‘n belowende plekkie opspoor. Belowend? Gewoonlik ‘n riffie. Gewoonlik. Vergelyk bietjie hoe dit lyk by die Moddergate. Dis moeilik om anders as gelyk grond daar waar te neem. En tog, gaan lê met jou lyn op die bodem en vassit is jou voorland.

Maar dis hier waar jy op die regte tyd baie kabeljou aankeer en nogal ‘n verskeidenheid ander vissoorte ook. Afhangende watter soort vis jy soek is ‘n rif nie altyd die antwoord nie.

Waarom normaalweg na ‘n plekkie gegaan word wat reeds op die GPS geplot is is omdat daar by ‘n vorige geleentheid gewoonlik goed gevang is, en dit sê mos dat daardie besonderse plekkie deur die vis verkies word. Somtyds, ja. Daar is egter baie ander plekke wat dalk meer gewild is, maar beproef jy hulle ooit?Terug by die anker. Indien die water stil is is dit soms ‘n goeie plan om eers op die dryf te probeer  --  en indien nodig, dán die anker te laat sak. Op die dryf is in elk geval verkieslik vir roman. Met ‘n sterkerige wind en/of ‘n sterk stroom is dit wel wys om die anker te gebruik. En nou kom ons by ‘n ander punt. Jy is juis op soek na daardie riffie en, hoera, jy beland op hom. Dan sal jy ‘n entjie oor hom ry en die anker daar laat sak, want jy dryf mos  terug totdat jy weer op die “spot” is. Let eers op uit watter rigting die wind kom en of daar ’n stroom is. Besluit dan eers wanneer die anker gebruik moet word (vanuit watter rigting). Dit sal help wanneer jy nie kan verstaan nie waar daardie riffie dan heen is! En onthou dat met ‘n ankertou (en ‘n behoorlike ketting vooraan) wat lank genoeg uitgelaat word, is die kans skraler dat jy gaan dryf en weer moet begin soek. Lekker vang, Seemeeu

Wanneer om anker te gooi

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles