Een van Masakhane se sokkerspanne, die Young Killers, is baie opgewonde oor hul splinternuwe uitrustings. Linda Ndevu (DA Raadslid) het die oorhandiging op Saterdag, 2 Mei 2015 waargeneem.
Die bedrag vir die borgskap beloop sowat R3,500 en bestaan uit: 14 x t-hemde, sokkerbroeke en pare sokkerkouse, asook 1 x volledige stel vir die doelwagter. Die span se bestuurder is Roy Gontsan en hul afrigter is Simphiwe Nonambane. Die Young Killers Sokkerspan is in 1970, 45 jaar gelede, al gestig.
Enkele van die oorspronklike stigterslede, spelers en afrigters was ook teenwoordig tydens die oorhandiging. Op 16 Junie vanjaar gaan hulle aan ‘n toernooi vir Gansbaai in Hermanus deelneem - natuurlik in hul nuwe uitrustings. Die spanbestuur, asook spanlede se hoofdoel is om jongmense van die strate af te kry en te laat sokker speel.
Die spelers het bevestig dat hul optrede op die veld en van die veld af sodanig is dat hulle voorbeelde vir jongelinge stel.
Hardus Botha