Birkenheaders se Blinklywe

Birkenheaders se Blinklywe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Birkenhead Boothengelklub se hengelaars kon gelukkig op Saterdag, 2 Mei 2015 weer see-toe en dit het sommer goed gegaan. Dit was die klub se 6de kompetisiedag, waarvan net 4 as kompetisiedae benut kon word as gevolg van weersomstandighede. Marie's Boutique, Art & Beauty Shop van Marie Reid het die kompetisie geborg. 5 bote het ingeskryf, waarvan 4 ingeweeg het, met ‘n totale bemanning van 16 wat deelgeneem het, waarby 2 dames en 2 juniors ingesluit was. 9 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 160 met 'n totale massa van 45.45kg, wat ‘n gemiddeld van 2.84kg per hengelaar beteken.  

Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Gavin Engelbrecht (Rooi roman - 2.4kg); 2de swaarste vis, Philip Fourie (Hotnot - 1.55); swaarste sak (8.7kg), Philip Fourie; 2de swaarste sak (5.95kg), Johan Burmeister; swaarste bootgemiddeld (6.38kg), Nu-Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste bootgemiddeld (2.45kg), Relêks 2 van Jean Downing; Dame Swaarste sak (4.50kg), Christelle Burmeister; Junior Swaarste sak (1.25kg), Hennie Groenewald.

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Relêks 2 van Jean Downing (14.76kg); Oupa van Ben Uys (14.34kg); Nu-Nu van Johan Burmeister (14.31kg). Mans Visvangkampioene - Jean Downing (20.10kg); Philip Fourie (17.80kg); Ben Uys (16.50kg). Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (9.4kg). Junior Visvangkampioene - JP Uys (15.15kg); Hennie Groenewald (9.0kg). Hennie spog ook met ‘n Jan Bruin Vis (1.25kg) met sy uitsonderlike blou oë wat hy gevang het. Die Jan Bruin (Gymnocrotaphus curvidens) is ‘n vis wat slegs aan die suidkus van Suid-Afrika voorkom. Die vis is oranje/bruin van kleur met helder blou oë. Dit kan tot 50cm lank word en weeg dan 3kg en kom gewoonlik naby die land voor en gaan selde dieper as 50m in. Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 6 Junie 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige aandfunksie en dans die aand. Kennis moet geneem word dat daar nie eerskomende Sondag ‘n Moedersdagete sal wees nie. Die maandelikse funksie (Country & Western-tema) en prysuitdeling sal wel volgende Saterdag, 9 Mei plaasvind. Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, of aan Johan Wiese by 084-680-1269.

Hardus Botha

Birkenheaders se Blinklywe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles