Wat is 'n vissersdorp sonder sy visvlekkers. Dit is 'n vaardigheid wat al skaarser raak maar gelukkig het Gansbaai 'n klompie baie bekwame ervare voorvlekkers.
By Ichtus Visserye is Sophie Aploon, wat reeds 28 jaar daar werk, en Nancy Sekwane (8 jaar). Op 'n vraag hoeveel vis Sophie al verwerk het, antwoord sy met 'n glimlag: "Ons praat van tonne – baie tonne."
By Otto Visserye is die span, Maureen Tobias, Katrina Claassen en Caroline Hendricks. Al vyf werk hul hele lewe van jongs af vis. Vra hulle maar die lekkerste eetvis bly maar vars vis, soos jy dit by hul kom kry.
Francois de Jongh