Rachels Angels se groot Markdag

Rachels Angels se groot Markdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die vorige drie jaar was daar gereeld oor die Rachel’s Angels projek by Academia geskryf. Die Rachel’s Angels is ‘n program wat ontwikkel is om leerders wat uitstaan in akademie te mentor deur die Universiteit van Stellenbosch en Media 24. In die twee jaar program sal hulle deelneem aan gestruktueerde werkswinkels, onderwerpe soos studietegnieke leer, bou van ‘n gesonde selfbeeld, entrepreneurs vaardighede ontwikkel en sosiale en kampus besoeke deur die jaar. Na die twee jaar sal die wat akademies baat gevind het by die projek ‘n volle beurs om verder te studeer ontvang. Vanjaar se “Engeltjies” is Chandri Bekker, Lindi van der Walt, Jenica Conradie, Marelieze Harmse, Shamima Brett en die haan onder die henne, Malcolm Mulope. Die leerders het alreeds ‘n entrepeneurskamp bygewoon in Februarie en ‘n sosiale markdag beplannings werkswinkel in Maart.

Die Rachel’s Angels program is daar gestel om jong mense te bemagtig en is ‘n inisiatief van Media 24 en is hoofsaaklik in die Weskaap bedrywig. Hulle doel is om leerders holisties te ontwikkel met hul bydrae op akademiese gebied en sosiale en emosionele ontwikkeling.  

Elke tweede jaar hou die Angels ‘n groot markdag om entrepeneurskap te ontwikkel en fondse in te samel. Vanjaar het die groot eer om die markdag aan te bied Academia te beurt geval. Die markdag vind plaas op Saterdag 16 Mei op die Gansbaasi sportgronde.  ‘n Verdere doel met die opwindende dag is om die gemeenskap te betrek. Stalletjies met handgemaakte artikels wat deur die Angels van sowat 20 skole gemaak is sal te koop wees, kinderaktiwiteite soos springkastele, optredes deur bekende kunstenaars en glansmense soos mej Suid-Afrika sal ook die dag bywoon. Daar word sowat 20 skole van oor die Weskaap verwag wat aan die markdag gaan deelneem.

Van die eregaste wat verwag word is Prof.Rachel Jafta, voorsitter van Media 24 en Rachel’s Angels Trust, Trustees van die Rachel’s Angels Trust, Direkteure, bestuur en werknemers van Media 24 en Naspers, Bestuur van die Universiteit van Stellenbosch, Besture van die WKOD, Prinsipale en leerkragte van 20 skole en plaaslike skole, Zolani Mbeki Foundation, Mej Suid-Afrika, Mej Earth Suid-Afrika en kunstenaars Beatenberg, London, Tribal Echo, Hemelbesem, Kim Cloete en Charles Tertiens. Christo van der Rheede CEO van AHI sal een van gassprekers wees.

Die verrigtinge begin om 10:00 tot 16:00 op die sportgronde. Ingangsfooi is R 20,00 vir volwassenes, R 10,00 vir kinders en kinders jonger as  ses wat deur ‘n volwassene begelei word sal gratis toegang kry.

Liezel Mostert

Rachels Angels se groot Markdag

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles