Du Toitskloof Tops

Du Toitskloof Tops

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tydens Gansbaai Wynproegilde se April-byeenkoms het Suzette Lamprecht van Du Toitskloof Wynkelder gewys dat hulle “elke-dag-se-wyne” beslis “tops” is. “Die kelder is in 1962 met net 6 lede begin en die eerste druiwe vir die kelder is gedurende Februarie 1963 aanvaar,” het sy gesê.

“Tans is daar 22 lede-plase met 1,600 werkers en hul families wat by ons opleidings- en sosiale opheffingsprogramme baat vind.” Sy het ook na die werkers se gemeenskapsaal, 3 kleuterskole en ‘n mobiele biblioteek, wat tans 19 omligggende skole bedien, verwys. Die byeenkoms is te Lighthouse Tavern op die Dangerpoint-pad van Julia Barlow aangebied en is weer eens goed bygewoon.

Die geselligheid is met vonkelwyn afgeskop, met onder andere die volgende wyne wat daarna te proe aangebied is: 2013 Carberet sauvignon, 2014 Chenin blanc, 2013 Merlot en 2014 Sauvignon blanc, met laasgenoemde wat ‘n eerste was om in ‘n gerieflike en smal 3ltr boks bemark te word. “Die kwaliteit daarvan is presies dieselfde as die wyn in bottels, alhoewel mense steeds die verkeerde persepsie van ‘bokswyn’ het,” het Suzette gesê.

Daarna het Suzette die lede en gaste aan ‘n interessante kombinasie voorgestel: hulle Vonkelwyn gemeng met hulle Rooi Muskadel (2012) wat deur almal as ‘n smaaklike skemerkelkie beskryf is. Julia se spyskaart het seker gemaak die wynproe-aand kom tot sy volle reg: voorgereg - Meaty veggie soup; hoofgereg - Farmhouse pasta & slaai; nagereg - Arm Man se Sondag Poeding & vla. Blyke van waardering is daarna aan die Suzette en Julia oorhandig en soos gewoonlik het Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms gesellig tot laataand aangehou.

Die volgende byeenkoms sal op Vrydag, 29 Mei 2015 in die Great White House, Kleinbaai aangebied word, met ‘n aanbieder van Barton Wynkelder.

Vir meer besonderhede rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-832-1614 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Du Toitskloof Tops

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles