Nuwe Hoop Bediening en Opleiding

Nuwe Hoop Bediening en Opleiding

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Pastoor Tom Theunissen en Cherry is veilig tuis na 'n lang uitgerekte reisplan waartydens vaardigheidsopleiding en evangelisasie aangebied is aan verskeie kultuurgroepe, Spanjaarde, Meksikane, Amerikaners (Eerste nasie – Indiane), Kanadese, ens. Ons Suid-Afrikaanse landsvlag het mooi vertoon tussen die van bogenoemde lande in die oerwoude ban Belize tydens 'n gradeplegtigheid waartydens studente vereer is vir hulle studies.

T4L (Trades 4 Life) Kanada en Nuwe Hoop het 'n ooreenkoms gesluit waarna erkenning en 'n mandaat gegee is vir Nuwe Hoop – T4L (S.A.) om voort te gaan met opleiding maar op 'n groter skaal as van te vore. Aan God al die ere hiervoor!

Wie sou dit ooit kon glo dat die3 nederige opleidingsentrum (1990) in die nywerheidsgebied van Gansbaai so kan uitbrei dat daar vandag goed toegeruste opleidingsentrums beskikbaar gestel is in Naboomspruit op 'n wildsplaas en in Belize langs die Karribiese eilande.

Dit was 'n groot voorreg en eer vir Pastoor Tom om saam met sy seun, Rodger, inspeksies te kon uitvoer in Alberta, Kanada. Rodger is een van die eerste vakleerlinge wat opgelei is deur Nuwe Hoop en wat 'n vakman rooiseël met onderskeiding kan verwerf het tydens 'n sweiswerk vaktoetsing in Westlake. Vandag is Rodger 'n internasionale sweisinspekteur werksaam in die Olie-Gas industrie.

Skaars tuis na vier maande en die Theunissens is weer op pad na Naboomspruit waar jongmanne wag om vanaf volgende week vir ses weke opgelei te word in pypsweiswerk en –verkoeling, ens.

Wat hierdie bediening so uniek en suksesvol maak is dat elke student se volle menswees aangespreek word – Gees, Siel en Liggaam.

Lewensvaardighede soos byvoorbeeld seksualiteit, verantwoordelike selfbestuur, finansies, verhoudings en besigheidsbeginsels vorm deel van die kursus.

Vir meer inligting skakel gerus vir Dr Tom Theunissen by 082 291 7490 of Cherry by 082 550 2710.

Nuwe Hoop Bediening en Opleiding

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles